Doen God nog Wonders?
Daar staan geskrywe: “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.” en “die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.” Ek het al baie gevra waar is hierdie beloftes? Hoekom sien ons dit nie? Was dit dan net bedoel vir die vroeë kerk?
Ek het die laaste jaar self dinge gesien en beleef wat ek net aan God se krag kan toeskryf. Ek is ‘n kop-mens en dit is vir my moeilik om sommer enige storie te glo. Lees maar self my stories en dink daaroor…
