Die haar wat die kameel se rug gebreek het

My dogter het al ‘n geruime tyd die behoefte gehad om gedoop te word.  Sy is gedoop as baba maar het meer en meer die dringendheid ervaar om ‘n geloofsdoop te hê.  Op 19 November het sy gesê sy wil nou gedoop word.  Sy wil graag in ‘n swembad gedoop word en wou ook ‘n paar mense daar hê.  In praktyk het ek ‘n paar dae nodig gehad om so iets te reël aangesie ons nie ‘n swembad het nie.  Ek vra toe goeie vriendin van ons, Iana (met wie my vrou ook ‘n lang geestelike pad gestap het) of ek vir my dogter  daar kan kom doop.  Sy het dit met haar man, Wayne en familie bespreek en hulle stel toe voor dat ons dit op Sondag 22ste, na kerk doen.  Tot nou toe was almal baie opgewonde en reg vir ‘n klein, intieme geleentheid.

Nou, daar is ook ‘n ander vriendin (noem haar, M) wat reeds ‘n paar maande terug besluit het dat sy ook haarself wil laat doop.  Sy het verskeie opsies oorweeg, maar soos almal van ons wou sy eerder so ‘n geleentheid met haar eie mense en geestelike broeders deel as ‘n vreemde pastoor, priester of rabbi.  My vrou en Iana het beide voorgestel dat M genooi word na die geleentheid.  My vrou het vir haar ‘n SMS gestuur en haar aanvanklike respons was dat sy eers daaroor sal moet bid, maar Saterdag middag het sy laat weet dat sy ook graag gedoop wil word.  Haar man het oor die maande deur ‘n groot wroeging gegaan oor die “herdoop” van sy vrou maar het aan aanvanklik vrede gemaak met haar besluit.  Sy het ook met een van ons predikante daaroor gesels en alhoewel hy haar duidelik nie kon doop nie en ook nie aan haar offisieel toestemming kon gee nie, het hy haar tog in liefde ondersteun in haar besluit. 

Ek het self deur ‘n groot wroeging gegaan voor my eie vrou gedoop is, en ek het dadelik vir Wayne gevra om met hom te praat en mooi te vra of hy nie sy vrou wil kom ondersteun nie.  Hulle is jarelange vriende en ek het werklik gehoop dat M se man die geleentheid sou bywoon.  Hy wou egter nie.

Op Sondag 22 November is my dogter en M dus saam gedoop in die swembad.  M se skoonsuster en kinders het saam gekom en my dogter het twee maats en twee van ons vriendinne genooi.  Dit was ‘n wonderlike geleentheid vir almal maar ek en my vrou het geweet dat dit groter implikasies sou hê (ons is profeties gewaarsku)

Dit was die begin van ‘n groot en harde pad…

(Ek stel voor dat jy nou eers die stuk lees oor ons pad tot hier)


2 Responses to “Die haar wat die kameel se rug gebreek het”

  1. [...] gee ‘n voorbeeld – ek het vroeër geskryf oor die doop van ons vriendin en hoe haar man saam met ‘n ander gemeenskaplike vriend dadelik die predikante en kerkraad [...]

  2. Ek is regtig baie opgewonde oor jou blog. Bly om te sien daar is nog mense wat bereid is om op te staan vir die waarheid, ongeag die oordeel. My siening wat ek ontvang het deur baie oplees ens. oor die kleindoop, is dat diegene hul nog daardeur verbind aan die ou gebod, en nie erken dat Jesus die enigste verlosser is nie. My nederige afleiding daarvan is dat jy verlore is! Daar is nie twee paaie tot redding nie! Hoekom allerande afleidings maak om by ‘n punt uit te kom, doen net wat die bybel se en klaar. BEKEER JOU EN LAAT JOU DOOP. AMEN.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.