Die Inkwisisie
Die waarskuwing:
Saterdag 21 November was ‘n dol dag – my vrou en Iana was by ‘n bidgroepie vir vroue en ek en Wayne het rugby gekyk, die dat ons nie eintlik tyd aan selfone gespandeer het nie. Dalk ook maar goed so – Sonja is ‘n goeie vriending van my vrou met ‘n gawe van profesie. Sy stuur ‘n SMS om my vrou te waarsku. “Vertrou my hierin as ek sê dat jy saam met Ettienne in die water moet ingaan. Al wat ek kry is Aanklag en Bedienningspan”, het dit gelees. Sondag het ons soos gewoonlik by die erediens die sang gelei en dit was baie geseënd. Ek het egter ‘n gevoel gehad dat iets gaan gebeur a.g.v. die doop maar geweet dat ek in gehoorsaamheid moet voortgaan. Ek en my vrou sien toe die SMS van Sonja kort voor ons na Iana en Wayne moes gaan. Dit was nou die toets in gehoorsaamheid.
Profesie word werklikheid
Sondagmiddag kom die SMS dus van M dat haar man en ‘n ander gesamentlike vriend, C by die predikante was. Blykbaar is daar ook briewe geskryf. Hier kom dit nou, het ek gedink, maar my hart het net uitgegaan na die drie predikante wat nou weens ons oor die kole gehaal sou word. Hulle is die mense wat die harde besluite sou moes neem. Ek en Adriana het lank vir hulle gebid daardie aand.
Daardie Maandag sou ook kerkraadsvergadering wees en ek het geweet wat sou kom. Maandagmiddag toe ek tuis kom, sit een van die Predikante in ons huis en deel met ons dat M se man en C briewe aan die kerkraad gerig het en dat G ook gedreig het om dit na die ring te neem. Dit was duidelik dat hierdie vir die predikante ‘n groot hartseer veroorsaak het en dat hulle ‘n skeuring in ons gemeente gevrees het. Ons was heeltemal gereeld en bereid om enige vrae en aantuigings eerlik te antwoord en het hulle aangemoedig om dit so gou as moontlik af te handel. Ons het hom duidelik van ons oortuiging ingelig dat die belydenis of geloofdoop die enigste doop is en dat ons nie met die babadoop of verbondsdoop saamstem nie. Ons het nog nooit hierdie oortuiging as deel van ons bediennig in die kerk verkondig nie alhoewel ons dit al met vriende wat ons daarna uitgevra het bespreek het. Sover my kennis strek het niemand egter nog ooit besluit om hulself te laat doop weens ‘n gesprek met ons nie.
Formaliteite
Na die kerkraadsvergadering is ons skriftelik ingelig dat die saak ondersoek sou word en ons is gevra om met verteenwoordigers van die kerkraad te vergader. Die brief en formele aard daarvan was vir Adriana baie sleg en sy het dit as ‘n persoonlik aanklag ervaar en ook diep seergemaak oor die deel wat sê dat ons nie in enige bedienning mag staan as ons nie met die kerklike leër saamstem nie.
Die Inkwisisie
Dit was met groot dankbaarheid dat ons Dinsdagaand 21:30 opmerk dat daar geen brandstapels gepak is toe ons opdaag by die kerk om die vergadering by te woon nie. Die atmosfeer was ongemaklik, hartseer maar tog het ek net liefde ervaar van die predikante (ons bedien immers die afgelope jaar reeds saam met die eredienste) .
Nadat ons almal gebid het en gesmeek het om wysheid en liefde kon ons by die kruks van die saak kom. Die eerste vraagstuk was dat ons vir M omgepraat het om haar te laat doop. Ons kon katagories sê dat sy die besluit onafhanlik en lank vooraf reeds geneem het. My vrou het haar wel ingelig oor die doopgeleentheid en sy kon self besluit of sy dit wou benut. (Ek vertel later hoe die doopgeleentheid eintlik ‘n antwoord op M se gebede van die week was)
Die tweede vraagstuk het gegaan oor ons verstaan oor die doop. Ek het basies getuig oor my pad met die doop soos ook op die Blog skryf. Ek was eerlik oor my oortuiging dat daar geen Bybelse ondersteuning is vir die feit dat die doop die besnydenis vervang het as teken van God se verbond met Abraham nie en dat die doop bedoel is om te volg nadat iemand Jesus as sy enigste Verlosser aangeneem het, dat dit wedergeboorte en ‘n nuwe lewe simboliseer, ‘n nuwe begin, skoon gewas van sonde. Hieroor is lank gesels.
Die laaste vraag was dan of ons die verbondsdoop aan babas as leër van die kerk sou aanvaar aangesien dit sou bepaal of ons nog kon bedien in die kerk. Hierop kon nie een van ons dit aanvaar nie en my vrou het reeds besluit dat sy nie verder by bedienning in die kerk betrokke sal wees nie. Alhoewel ek nie die kerklike leër oor die doop aanvaar nie, verstaan ek waar dit vandaan kom en die geestelike waarde wat dit vir baie mense het en het ek my verbind om te help om ‘n werkende beleid saam te stel om hierdie twee uiteenlopende standpunte op ‘n manier te gebruik om eenheid binne die Liggaam van Christus te bewerkstellig, sou die kerkraad dit verkies.
My indruk was dat dit elkeen daar opnuut gedwing het om na die Bybelse basis vir die dinge wat ons glo te gaan kyk.
Na die vergadering wat tot amper 12-uur aangehou het, het ek my standpunte en gedagte in ‘n e-pos neergelê sodat daar geen misverstand kon wees nie. Dit het ook my sienning oor die persoon en werking van die Heilige Gees ingesluit.
Dit het aanvanklik gelyk of hulle my ook sal verbied om in bedienning in die kerk te staan maar na verdere kommunikasie is die besluit tog geneem dat ek moet aanbly in die bedienning van die kerk.
Wat nou verder…

Wonderlike! Ons moet gehoorsaam wees aan God en nie aan mense nie. Ons verantwoordelikheid le nie by predikante, pastore, ens nie maar by Jsus Christus die gekruisigde. Het Jesus dan nie gese in hierdie wereld gaan ons teenkanting kry vir die waarheid bue, Ons moet bid dat God die sluier sal wegneem van diegene wat tradisies volg in plaas van die waarheid. Daar is nie so iets soos verbondsdoop of babadoop – per slot van sakde dit kom van die Rooms katolieke kerk af. Mag die Here julle ryklik seen en gaan heen en wees sy getuie waar julle ook al kom.
Liefde in Jesus
Magda