Musiek vir die hart

So sit ek en Adriana vannaand, sy pak haar kas vol kunstighede en kaartjies reg en ek vroetel maar rond.  Haal ek toe bietjie die kitaar uit, want sien, Donderdae was die tradisionele oefenaande vir die orkes vir Sondag se erediens.  Eers tokkel ek ‘n paar note –  die ou vingertjies word maar vinnig sag as mens nie gereeld kitaar speel nie.  Later dink ek: “Nee, man! Prop in daai Mic!”  Ek skakel toe die swart boksie aan (noem dit nou maar op sy naam – Amplifaaier), prop die spiekers in.  Die mikrofoon word bedraad, ingeprop en die “Sound Check” volg.  Nou die kitaar, en toe is die Kaap weer Hollands (al is die Engelse DA nou in beheer). 

Eers ‘n bietjie CCR met ‘Have you ever seen the rain’ en ‘Hey, Tonight’.  Toe ‘Hemel op Tafelberg’ en ‘Let me be there’. Nou is die ou stemmetjie ‘n bietjie opgewarm, die vingers ‘n bietjie losser en toe kom Adriana ook by – sien sy is my “lead singer”  Nou ja, toe sing ons sommer almal lekker saam, enigiets van Grote God, aan  U die Eer, O Heer my God, Shout to the Lord en ‘n klomp van Retief Burger se goed.  Indescribable word ook sommer sonder seremonie aangepak en afgestof.  Al wat gekort het was ou Wayne en Nico – O,ja, en natuurlik die ou Muskadelletjie.

Ja, wie wil nou TV kyk as jy dit kan doen…

~ deur Khosaan op Desember 3, 2009.

2 Responses to “Musiek vir die hart”

  1. die inplug laaik ek ook.wanneer gaan ons weer so n bietjie oefen.my vingers en stem kort lekker oefening.ons vat sommer ons boek van voor af en speel alles as lofpryse en dankbaarheid.ek sal maar die OBS saambring.groete.wayne

  2. Ek belowe om in die nuwe jaar, sukle aande te reel waar ons ons kitare en klaviere bring en sommer lekker saam musiek maak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: