Jehovah Nissi!- God is my banier

Vannaand het my Here, God weer vir my gewys hoe lief hy ons het.  Nou weet ek dat baie van ons so ‘n vae gedagte het van liefde.  Ons het mos al baie gehoor van jy moet jou naaste lief hê en so aan, maar die duiwel het liefde hier op aarde vir ons relatief gemaak.  Mans skei van hul vroue, families bly die wêreld vol en die liefde wat hulle vir mekaar het is meer ‘n gedagte in die kop as ‘n praktiese dag-tot-dag ding.  Ons is lief vir ons mede-Suid-Afrikaners, maar bou sulke hoë mure om ons huise dat ons ook nie regtig met hulle gekonfronteer word nie.  Ons werlike ervaring van liefde is dus die mense en dinge wat ons besluit ons gelukkig maak en daarom kies ons om met hulle tyd te spandeer.

Ek wil dus eerder praat van ‘n God wat so intens en intiem omgee vir elkeen van ons, wat elke traan sien wat ons stort en elke hartseer gedagte van ons hart voel.  ‘n God wat met groot moeite ‘n klomp mense en dinge oprig en reg posisioneer sodat Hy Sy omgee kan wys vir ‘n persoon.  ‘n Naby, vat-aan-my-, hou-my-vas God.  Ek gee ‘n voorbeeld:

Ek sit vannaand hier en tik nota’s oor al die pasiënte wat ek die naweek opgeneem het.  Dit was ‘n redelike besige naweek.  Vrydagaand het ek vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n pasiënt in die ICU gehad, nie omdat hy so siek was nie, maar omdat die hoë-sorg eenheid vol was.  Toe ek die volgende oggend daar rondte gaan doen, sien ek ‘n baba, seker so 18-maande in die isolasiekamer lê op ‘n ventilator.  Ek wonder nog so by myself wat fout is, maar daar is baie pasiënte om te sien en ek stap aan.  Buite ICU sien ek die pediater praat met twee mense.  Die vrou lyk bekend maar ek kan haar nie plaas nie, maar later onthou ek sy is ‘n dokter want ek het haar al ‘n keer of wat in die teater gesien waar sy ander mense geassisteer het.

Nou, terwyl ek sit en verslae tik, bel ‘n vriendin my – die einste een wat drie weke terug gedoop is.  Sy het ‘n wonderlike bewustheid van die Here in haar lewe.  Sy vertel van ‘n familielid wat in Durbanville bly en wat ook die Blog/getuienis van Sanet de Villiers gelees het.  Sy weet dat ek haar dokter is.  Sy ken ook twee mense, beide dokters, wie se kind in ICU in Panorama lê.  Baie mense bid nou al ‘n hele tyd vir die kind.  Die Heilige Gees sê oor die naweek vir haar dat “Ettienne” vir klein Carla (die baba se naam) in die ICU moet gaan bid.  Sy het eers nie haar gevoel gedeel nie, maar toe die dokters nou vandag eintlik alle hoop laat vaar het, besluit sy om my te probeer opspoor.  Sy onthou van Sanet se getuienis oor haar blog en sit twee en twee bymekaar en bel vir Marietjie en die bel vir my.  Ek luister na die hele storie en besef dit is die baba en mense wat ek Saterdagoggend daar gesien het. (Ek sal later uitvind hoe God se netwerk van mense inmekaar pas!)

Ek is stilweg opgewonde en dink net hoe fantasties ons Here is dat Hy nou al die moeite doen om my te kontak.  Hoekom vra Hy my nie sommer self nie?  Wel my kop is nog so vol eiesinnigheid dat ek soms sukkel om Sy stem duidelik te hoor, ten spyte daarvan dat ek daarna smag.  Jare van logiese denke en tradisionele godsdienstigheid maak mens se ore baie dom!  Natuurlik spring ek daar weg en gaan bid in my kamer vir God om nou vir my presies te sê wat ek vir hulle moet sê, maar buiten die vreugde en opgewondenheid in my, hoor ek steeds niks nie.  Alles dwarrel net in my kop rond.  Ek vra die Here vir ‘n teks uit sy woord, maar ek kan aan niks dink nie.  Dit dwarrel steeds.  So besluit ek, “Nou,Ja, Hy stuur my nou.  Hier gaan ek.  Hy moet maar sê wat ek moet sê oppad of as ek daar kom”  Toe ek my selfoon optel is daar ‘n SMS: “Ek het Ps 91 as teks vir die mense”  Hoe wonderlik voorsien God nie!?  Ek sê ook vir God dat ek weet dat dit alles Sy wil is as die mense daar sit by ICU.

Nou ja, ek daar aangekom en jou wrintie waar, hier sit ma en pa voor ICU.  Ek stel myself voor en verduidelik dat God my na hulle gestuur het.  Ek deel ‘n ietsie van die wonderlike omgee wat ons Pappa vir ons voel en hoe Hy hulle graag wil omvou en hê dat hulle ook meer van Hom moet leer ervaar.  Ek lees Ps 91 en ons bid.  Daarna gaan ek in ICU in en vra die suster wat na Baba Carla kyk of ek maar kan bid.  Ons trek maskers en handskoene en jasse aan en daar langs haar bed, met haar klein opgeswelde lyfie hier voor my, bid ek God se genesing.  Ek sien hoe klein swart duiweltjies deur Sy lig verdryf word en voel hoe ons twee in die lug sweef.  Ek salf haar met Alkohol handesproei want dis al wat daar was en verklaar dat sy op hielige grond lê en dat Jesus geen teenstand in Sy Heiligdom sal verduur nie.

Ek stap uit, skoon aan die bewe.  Die duiwel probeer my met twyfel vul; “sê nou daar gebeur niks?”, maar ek weet, God sal my nie met al die moeite stuur sodat Hy Homself in die verleentheid kan stel nie.  Hierdie blog inskrywing is ook ‘n verklaring van God se intensie om ons gebede te verhoor, al weet ek nie wat die uitkoms gaan wees nie.

Hy is so lief vir ons, dat Hy eerder ons oë sal verblind en keer dat ons vra vir goed, as wat Hy ons smeekgebede sal verontagsaam.  Hy weet, dat Hy nie anders sal kan as om ons gebede te verhoor as ons Hom daarvoor smeek in Jesus se Naam nie. 

Vader God, in die Naam van Jesus Chistus, vra ek dat klein Carla vannaand bevry word uit die kloue van die dood, dat Sy ‘n lewende getuie sal wees van U onbeskryflike omgee liefde vir ons.  Ek glo dat U so ‘n klomp mense en dinge opgerig het om vannaand ‘n persoonlike ontmoeting, ‘n paga, met Carla en haar mamma en pappa te reël, dat U beloftes nie leeg na U kan terugkeer nie.  Ek Roem U Heilige Naam, Jehovah Rapha, My God, Jehova Moshia’ .  Amen 

~ deur Khosaan op Desember 13, 2009.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: