Our God, is an awsome God!!!

Ek volg ‘n bietjie op die 13de se bydra – lees dit asb eers hieronder!

Eerstens Loof en Prys ek my God se Groot Naam.  Toe ek Sondag hier weg is om vir Carla te gaan bid, het ek net geweet hier kom ‘n ding – ek moet eerlik wees, ek het ‘n wonderwerk net daar en dan verwag.  Maandag oggend word ek sommer vroeg oorval met werk.  Ek vind ook sommer uit dat nadat ek die hele naweek op roep was, ek nou Maandag ook nog op roep is en dit is een krisis op ‘n ander.  Ek het nie tyd om by Carla of haar ouers uit te kom nie.  Ek kry ‘n SMS van Marietjie wat sê dat dit baie sleg gaan met Carla en dat almal moet bid.  Ek bely voor God dat ek tog telleur gesteld is dat Hy nie sommer dadelik vir Carla gesond gemaak het nie.  Net daarna praat ek met die noodeenheid oor ‘n nuwe pasiënt en ek hoor dat Carla nou oppad na ‘n ander hospitaal is vir ECMO behandeling.  Ek bid vir God en vra…

Vandag bel haar pappa my om vir my te vertel van die wonderwerk.  Die pediater wat Maandagoggend vir Carla kom sien het,  was baie pessimisties en voel dat hy niks verder kon doen nie.  Hulle moet dalk ECMO probeer en haar na Chris Barnard Hospitaal oorplaas.  Hy dink egter nie dat sy die ambulansrit sal oorleef nie aangesien sy net-net aan die lewe gehou word deur baie gespesialiseerde ventilators en gasse.  Haar ouma kry Nehemia 2:7 as bevestiging dat hulle moet gaan.  In die ambulans gaan dit egter baie goed.  By Chis Barnard Hospitaal wag twee spesialiste vir haar, reg om haar bloed uitwendig te sirkuleer en suurstof so in haar lyfie te kry.  Sy lyk egter soveel beter dat hulle nie dink dat ECMO die regte opsie is nie.  Na twee ure van evaluasie vind hulle dat die buisie in haar lugpyp half verstop is.  Dit word vervang met ‘n nuwe, ietwat groter een en vog word van haar longe en buik gedreineer en siedaar, klein Carla is op gewone ventilasie en buite gevaar.  Dalk is die engele wat ek van God gebid het nie heeltemal wat ek in gedagte gehad het nie.  Ek reël beslis ‘n braai tot eer van God sodra Carla uit die hospitaal kom!

Hoe steek God se netwek in mekaar?

Inge is ‘n vriendin van Carla se ouers asook van Sanet (wat ‘n pasiënt van my is en ook haar ervaring op haar blog deel.  Die Here het deur my ‘n boodskap vir Sanet gegee tydens haar siekte waaroor sy skryf en waarvan Inge weet ).  Monica is ‘n familielid van Marietjie (wat gedoop is deur my).  Monica word wakker gemaak deur Die Here met die opdrag dat sy by Panorama vir twee mense wie se baba in ICU is moet gaan bid.  Sy is onseker of dit regtig ‘n boodskap van God was of nie.  Inge bid vir Carla se ouers en voel dat God vir haar sê:” Dr Ettienne moet gaan bid vir Carla” .  Sy deel dit met ‘n vriendin.  Hierdie vriendin kry ook die boodskap van God om te gaan bid by Panorama en stop Sondag by Monica se huis om haar op te laai sodat hulle kan gaan bid.  Sy vertel vir Monica van Inge se gevoel dat  “Dr Ettienne”  moet gaan bid.  Monica besef dadelik dat “Dr Ettienne” die een is wat vir Marietjie gedoop het en dat my vrou, Marietjie se vriendin is.  Monica bel vir Marietjie wat probeer om my vrou in die hande te kry maar sy is nie tuis nie en sy praat direk met my met die boodskap dat ek moet gaan bid.  Die res is Godelike geskiedenis.

Groot en Almagtige God! U is waarlik Immanuel.  Wat is die mens dat U soveel van hom maak, dat U selfs ten spyte van ons afsydigheid en kleingeloof al die moeite doen om ons uit te nooi?  U genade is soveel groter as wat ons ooit kon dink!  Wie kan nog twyfel?  Heilige Gees, ek bid dat U elke mense wat hierdie Blog lees, sal vul en oortuig van U Goddelike liefde.  Heilig, Heilig, Heilig is My God.  Amen

~ deur Khosaan op Desember 15, 2009.

One Response to “Our God, is an awsome God!!!”

  1. Ek kon nie vroeër die week alles inneem nie – en ek lees nou vir die eerste keer die skriftelike weergawe van die storie. Ek staan weereens verstom oor God se Almag en hoe hy sy kinders in ‘n groot geestelike netwerk gebruik om mekaar te versterk – of hulle mekaar ken of nie! Ek is so dankbaar vir mense wat na God se stem luister en daarop reageer – ek het so baie om te leer … Sanet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: