Soos ‘n handskoen

Ek luister gisteraand na Bill Johnson oor sy siening van ons verhouding met God se Gees en hy sê dit so mooi as hy vra: “Please God, put me on like a glove”  Presies ‘n week gelede het die wêreld soveel anders gelyk vir ‘n klomp mense.  Klein Carla was op sterwe in die ICU, haar mamma en pappa was “beangs” en “Bedroef” oor die swart gordyn wat oor hulle hang, oupa’s en ouma’s het hulpeloos gekyk na hulle kinders en kleinkind.  Toe Jesus 4 dae laat by Lasarus se graf opgedaag het, het die mense daar oor in hierdie swart gordyn vasgekyk maar al is Hy 4 dae laat is Hy steeds op tyd.

Vanoggend is Carla geëkstubeer en die ventilator ontkoppel, kon sy weer self die vars God-gegewe lug in haarlongetjies insuig.  Hoe verskillend is hierdie Sondag middag nou?  Verligting, vreugde, dankbaarheid en ‘n nuwe besef van genade het al die kommer en hartseer vervang.  ‘n Dogtertjie wat nog ‘n bietjie moet sterk raak voor sy kan huis toe gaan, maar wat andersins heeltemal normaal is – of dalk nie?  Hoe normaal is enigeen as Die Heilige God jou self aangeraak het? Nee nooit weer sal sy normaal wees nie, sy is “Supernatural

Ek loof vandag ‘n Bo-natuurlike God en ek dank Hom dat ek ‘n klein deeltjie kon bydra tot Sy Glorie. Here, trek my aan soos ‘n handskoen en gebruik my! Amen

~ deur Khosaan op Desember 20, 2009.

3 Responses to “Soos ‘n handskoen”

  1. Sjoe, Ettienne, hoe wonderlik om hierdie storie te mag lees. Ja, ons besef nie elke dag die omvang van God se krag en mag en hoe graag Hy dit met ons wil deel, as ons net sou vra…….glo……….en geduldig wag.
    Dis my 1ste besoek, mag ek vra wat jou beroep is? ‘n Dokter, aangesien jy deel was van die hele storie?
    God bless, hou aan om Sy naam groot te maak.
    (Ek is een van Sy onhebbelike kinders, maar, dank die Here, nog steeds Sy kind!)

    • Dankie, Antie Koekie. Ek leer ook maar daagliks om nie te veel te probeer verstaan nie en net gehoorsaam te wees. Dit is maar moeilik as jy iemand is wat van kleins af alles uitmekaar wou haal om te sien hoe dit werk. Ek sukkel bietjie on God “uitmekaar te haal”…

  2. Het gou gaan loer onder “Wie is Ettienne?” en my vorige vraag is beantwoord, dankie.
    Plus ek sien julle is in die mooiste, mooiste Kaap! Ag, almal wat my goedjies lees, weet hoe ek terug verlang, maar hierdie is seker nou my pad deur die woestyn, tot ek mag teruggaan. Sê asb groete vir Die Berg!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: