Dit is die dag, wat die Here gemaak het!

Vanoggend word ek weer wakker in my eie bed, na ‘n lekker kersnaweek by familie.  Vroeg reeds hoor ek die voëltjies uitbundig kwetter en later steek die sonnetjie sy gesig uit oor Tygerberg heuwel.  Wat ‘n pragtige oggend – ek sing onwillekeurig “Dit is die dag, wat die Here gemaak het…Ps 118:24” en sê stil dankie.  Daar is darem min dinge wat soveel vrede en dankbaarheid in my hart bring soos die vroeë oggend sonstrale wat warm op my skyn nie.  Dan dink ek terug aan al die goeie dinge en tye van die lewe, al die Kersfeeste wat verby is met opgewonde kindertjies en geselsende grootmense, aan ‘n jaar van hard werk met sukses, aan pasiënte wat ‘n nuwe (of tweede) lewe gegun is, aan die afelope drie maande waarin daar soveel wonderlike dinge gebeur het, nuwe vriende wat gemaak is in tye van nood, profesië wat oor my lewe uitgespreek is.  Om die waarheid te sê, kan ek nie glo dat ek so geseënd lewe nie! 

Ek besluit ek moet seker opvang met al die nuus en lees Whoshallifear se blog en ek is so bly om te sien dat haar hart weer glimlag, dat haar swart gordyn weer afgeval het en ek lees nuwe hoop tussen die getikte lyne.  Sy weet net nie watter groot geskenk dit vir my is so net na kersfees nie.  Amper soos op Ou-Kersdag toe ek ‘n SMS van Carla se Pa kry dat hulle oppad huis toe is – met Carla agter in die kar.  Hoe fantasties was dit nie dat hierdie klein wonderwerkie weer huis-kind i.p.v. hospitaal-kind kan wees! Nog ‘n groot persent vir my, toegedraai tussen die SMS-letters. 

Nou teug ek eers aan my koppie koffie met ‘n bietjie kaneel gesprinkel oor die melkskuim en geniet nog eers my lewe van oorwinning…! Is dit dalk wat Johannes bedoel het in 1Joh 5:3-4 nie? 

Baie liefde, groete en Seën vir elkeen vandag.   

Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.  U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.  Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.  
 

 

~ deur Khosaan op Desember 28, 2009.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: