Die jaar wat verby is…

Ek sit hier op die ou jaar en dink oor die jaar wat verby is.  Ek wonder oor wat ek nou eintlik sal sê van die jaar.  Die een ding wat soos ‘n paal bo water uitstaan is hoe vinnig hierdie jaar verby gegaan het.  Ek dink dadelik aan Jesus se profetiese uitspraak oor die laaste dae toe Hy gesê het: “En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort.”  Die Grieks beteken letterlik om die dae korter te maak en dit voel dan nou ook vir my of elke dag net korter en korter word en die weke snel verby.

Dit was ‘n jaar waar ons ‘n bietjie skoor gesoek het met die duiwel en sy trawante op geestelike vlak.  Lofsang en aanbidding is geweldige geestelike wapens en ek kan nie vertel hoe dit die hemel se sluise oopmaak nie!  In die kerk het ons die musiekbedienning behartig en dit het ook maar met sy eie frustrasies gepaard gegaan.   Aanvanklk sou dit net vir ‘n maand of twee geees het, maar vinnig het dit elke naweek opgeneem.  Ek het so iewers deur die jaar gevra of ons dan in die gemeente van Laodisea (Op 3:14) is? Mense wat met strak gesigte lofsange sing op die maat van kitaar, drom en klawerbord, mense wat eerste bespaar op hulle tiendes, mense wat week na week kla oor die onstigtelikheid in die kerk, vir wie die godsdiens belangriker is as diens van die God, vir wie tradisie meer punte tel as die Woord van God.  Daarteenoor was die Here se beloftes vir ons gemeente, beloftes van ‘n beloofde land, van geestelike melk en heuning.  Dit het later gevoel of ons op die Jordaan rivier se wal staan maar net nie bereid is om ons voete nat te kry sodat die water kan opdam nie (Jos 3:13).  Daar was ook toetse van gehoorsaamheid en bereidwilligheid wat aan ons en die leierskap gestel is.  Van die toetse is geslaag maar somminge lê nog onbeantwoord voor hul voete.  Ek weet dat daar ‘n wonderlike toekoms vir die mense in hierdie kerk van ons wag, as hulle net die gees van tradisie en godsdienstigheid kan aflê en in gehoorsaamheid die pad stap, sal hulle besef hoe eentonig  manna en kwartels in die woestyn geproe het in vergelyking met die feesmaal wat aan die anderkant voorlê.  Die uitnodiging staan…

Die laaste vier maande was daar ook wonderlike tye saam met God, woorde van profesie en bemoediging wat na my kant toe gekom het.  Gebede wat verhoor is en sommer net bederfies.  Dit is altyd lekker om terug te kyk en te sê: “WOW!”

Nuwe vriende het oor ons pad gekom.  Sanet en Org, wat ten midde van siekte en seer so diep in ons harte gekruip het.  Leoma en Arno wie se baba nog in ICU lê maar elke week groter en sterker word.  Awie en Charlene wat ook deur Ons liewe Vader oor ons pad gestuur is.  Dit was en is vir my ‘n voorreg om hulle te kon dien.

Vriendskapsbande met ou vriende is ook weer verskerp en geslyp.  Wayne en Iana wat nog altyd half op die rand was, het skielik hulle staal gewys as vriende op wie ek kon steun.  Dit was ook ‘n wonderlike voorreg om hulle pad van geestelike groei te kon aanskou.  Schalk en Petra wat ook al jare met ons saam kom, het skielik deur dieselfde ontwaking gegaan en dit is heerlik om hulle passie te ervaar.Spotted Snapper

Ek is jammer om te sê dat ek ten midde van al hierdie dinge nie veel tyd gehad het vir vakansie hou nie.  Ek en Ruben kon in April die Oranje Rivier gaan roei.  Ek is saam met ‘n paar kollega’s Masambiek toe

 

 in Februarie en daar het ek twee pryse gewen met twee mooi visse wat ek gevang het.  Ek en Adriana kon in September hierdie pryse benut toe ons vir twee nagte na Leopard Hills in Sabi Sands en twee nagte na Makalali kon gaan.  Tog voel ek dat ek nie eintlik tyd langs die viswater kon spandeer nie, Ek en Ruben het nie eens een aand met die boot gaan visvang nie en my 4×4 sleepwa het net een kamp in Julie meegemaak.  Ek mis die reuk van bosveldhout op die vuur, die reuk van ‘n somersdonderstorm wat oor die veld aankom, die sand van die duine wat huil soos die wiele daaroor draai, die branders wat breek en uitspoel oor my voete waar ek met my visstok staan terwyl ek ver uitkyk na die groot see en in my binniste sing van ‘n Groot God of die kabbellende golfies van die Breërivier se water teen my boot se romp en ‘n katrol wat skielik begin skreeu as ‘n kabejou die aas optel.

In 2010 wil ek meer tyd in die bos en by die see spandeer met goeie vriende, stories om die kampvuur vertel en minder verantwoordelik voel.  Ek wag op God se belofte wat Hy aan my gemaak het om waar te word (Acts 22:14: And he said, The God of our forefathers has destined and appointed you to come progressively to know His will, and to see the Righteous One (Jesus Christ, the Messiah), and to hear a voice from His ;mouth and a message from His lips)

 Ek hoop dat 2010 vir elkeen ‘n fantastiese jaar sal wees en bid Num 6:24-26 oor elkeen se lewe.

~ deur Khosaan op Desember 31, 2009.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: