Die Geestelike Dokter

Gisteraand het ons ‘n Dank- en Lofprysingsaand gehou omdat Die Here so getrou en goed vir ons was in die laaste paar maande.  Ek het baie gebid oor die aand en gevra dat Die Here regtig dit sal seën.  Teen die middag, toe ons alles begin regsit, het Hy Sy eerste seëning uitgestort – my kar se sleutels!.  Ja, ek weet dit maak nie sin nie, maar ek verduidelik.  Ek soek reeds die laaste vier maande na my kar se tweede stel sleutels.  Die hele familie, my ouers en ons bediende het al die huis plat gesoek.  Ek het by die werk gevra en gesoek maar niks…  Ek het al baie gebid vir ‘n openbaring van God van waar die sleutels is, want jy sien, ‘n nuwe sleutel kos R3000!  Die sleutels het ook weggeraak oor die tyd dat ons besluit het om alles wat nie vir God aanneemlik is nie, uit ons huis te verwyder.  Ek en Adriana het dus gevoel dat hierdie ‘n aanval van die duiwel is omdat ons nou sy toegang tot ons huis so moeilik maak. 

Toe ons gaan opstel in die kerksaal, stap Adriana saam met die koster om ‘n sleutel vir die musiek kas te kry en hy vertel van al die baie sleutels wat daar rondlê, selfs iemand se karsleutels.  Hy sê dat hy gewonder hoe iemand sy sleutel by die kerk los, huis toe ry en dit nie eens agterkom nie.  Toe sy kyk, wie se sleutel sal dit wees?  Myne natuurlik!  Dit was dus vir my duidelik dat my gebede verhoor is toe ek hierdie aand tot eer van God hou.

Klein Carla se ouers was daar saam met omtrent 40 of 50 mense.  Hulle kon hulle storie vertel en ‘n paar ander mense het ook getuig.  Die res van die aand was net lofprysing en aanbidding.  Daar was ‘n hele klompie dokters ook – seker ten minste 7.  Dit was vir my so kontrasterend met omtrent enige ander byeenkoms waar medici met mekaar gesels, want jy sien, die gesprekke wentel omtrent altyd oor mediese dinge.  My arme vrou moes al menigte kuiertjies deursit en luister hoe ek en my kollega’s net praat oor medisyne, pasiënte en so aan.  Gisteraand het ons net oor die “medisyne van die gees” deur Die Gees gesels – en dit was wonderlik.

Ons beroep is gebou op ‘n fondament van griekse geneeskunde, wat natuurlik totaal vermeng was met afgode en bygelowe.  Algaande het die geestelike deel van medisyne totaal verdwyn – ons praat wel nog van “holistiese medisyne” en “psigiese ondersteuning” en daar is beraders om mense deur die trauma van siekte en behandeling te ondersteun, maar ons dokters is nie opgelei om- en is ook traag (onwillig) om die geestelike oorsake van siekte raak te sien en te hanteer.  Ek is die eerste om te erken dat ek tot ‘n paar weke terug sterk ontken het dat demone chistene kan siek maak en sou ook nooit eers dink dat ‘n pasiënt se simptome dalk demonies van oorsprong kan wees. 

Natuurlik wil satan en sy magte nie hê ons moet weet van hom en sy planne nie.  Natuurlik is dit tot sy voordeel as ons goed sê soos: “Dit is seker God se wil dat sy moes sterf”, of “ons vind niks fout met u ondersoeke nie, dit is waarskynlik ‘n virusinfeksie.  Dit sal wel oorgaan”.  Sommige mense is maar net ongelukkig om ‘n hartaanval, twee kankers en longontsteking binne drie jaar te kry en ander famiies waar almal kaker kry voor hulle 40 is, is duidelik geneties, al kan ons dit nie toets of bewys nie.  Soms besef ons daar is nie ‘n fisiese oorsaak nie en sal dalk ‘n psigiater inroep wat dan medikasie voorskryf wat die verstand en denkpatrone (Die Siel) nog meer benewel.  Ek skiet nie hierdie essensiële dissiplines af nie, maar kan nie help om te wonder oor baie van hierdie siektes nie.

Die tekens van ons beroep se okkulte wortels is oral te sien.  Die mees opvallende is die simbole soos die Caduceus (links) en Staf van Asclepius (regs).

Die Caduceus bestaan uit twee slange wat ineengestrengel is om die staf van Hermes,  Die staf is eers gedra deur Iris en later deur Hermes, een van die Griekse gode.  Dit was ook leter in Rome die simbool van Mercurius, die boodskapper van die gode, die een wat dooies na die onderwêreld moes begelei en ook die beskermer van dobbelaars, leunaars en diewe (Toe ek dit lees, besef ek dat ek my eie briefhoof sal moet verander).  Om die waarheid te sê het die simbool geen historiese konneksie met die mediese beroep nie.  Dit blyk dat dit laat in die 19de eeu vir die eerste keer in die mediese konteks gebruik is.  Ek haal Stuart Tyson aan wat in Scientific Monthly skryf:

As god of the high-road and the market-place Hermes was perhaps above all else the patron of commerce and the fat purse: as a corollary, he was the special protector of the traveling salesman. As spokesman for the gods, he not only brought peace on earth (occasionally even the peace of death), but his silver-tongued eloquence could always make the worse appear the better cause. From this latter point of view, would not his symbol be suitable for certain Congressmen, all medical quacks, book agents and purveyors of vacuum cleaners, rather than for the straight-thinking, straight-speaking therapist? As conductor of the dead to their subterranean abode, his emblem would seem more appropriate on a hearse than on a physician’s car.

Die staf van Asclepius het ten minste geskiedkundige reg om simbolies die mediese beroep te verteenwoordig.  Asclepius was die seun van Apollo en was die Griekse god van medisyne en genesing.  Hy kon blykbaar selfs mense uit die dood opwek. (So ver gaan die satan se pogings om Jesus se krag na te boots).  Hipocrates was ‘n aanhanger van die Asclepius kultus.  Dit lyk ook baie soos Negustan waarvan daar in 2 Kon 18:4 geskryf staan: 

Hiskia het die hoogtes laat verwoes, die klippilare laat stukkend slaan en die gewyde pale laat afkap. Hy het ook die koperslang wat destyds deur Moses gemaak is, laat stukkend slaan, want tot nou toe het die Israeliete die koperslang met offers vereer. Die slang is Negustan genoem.

In Num 21:4-9 word vertel van God se bevel aan Moses om die afbeelding van die slang te maak en dit het sterk profetiese ooreenkomste met Christus se koms as verlosser en Sy kruisiging waardeur ons gered word van die dood van die sonde (Joh 3:14-15), maar net soos afbeeldings van Jesus en die kruis baie keer aanbid word sonder enige werklike verhouding met die Christus self, het Israel vinning hulle vertroue in die afbeeld / afgod gestel i.p.v. die bron van die ware krag, God self.  Dit is dalk toepaslik dat ons hierdie simbool as ons beroep aanvaar omdat so baie mense hulle vertoue 100% in dokters sit en glad nie eens soek na Yaweh Rapha (Ex 15:26), die Elohim God wat genees nie.

Met hierdie stukkie geskiedenis in gedagte, is dit vir my duidelik dat satan ‘n baie sterk houvas oor die mediese beroep verkry het en dat ons as Christen geneeshere die Here moet vra om die skille van ons oë af te haal sodat ons weer dokters van liggam en gees kan wees vir Hom.

Ek bid dus: “My Liewe HERE God, die God van Exodus 15:26, in die Naam van Jesus Christus maak ek my los en verbreek enige houvas wat hierdie simbole en die wortels van my beroep op my het.  Ek vra U Heilige Gees om die sluier wat deur die vyand oor my verstand geplaas is weg te neem en dat die bloed van Jesus my totale mediese kennis sal sif en reinig om net gehoorsaam aan die karakter van Jesus te wees en vra dat die Bo-natuurlike gawes van genesing wat ek van U ontvang het, al sterker sal funksioneer in my lewe.  Amen

~ deur Khosaan op Januarie 30, 2010.

2 Responses to “Die Geestelike Dokter”

  1. Ek kan verseker bevestig dat die vyand ons krag as dokters wil steel en ons net in die vlees wil laat dink. Hoe belangrik is dit nie vir elke christen dokter om die Heilige Gees te vra om vir ons te wys waar geestelike oorlogvoering mense se lewens en gesondheid aanval en verswak.
    Dankie ook vir jou navorsing Ettienne. Dankie dat ons nie veroordeel word vir ons beroep nie, maar juis instumente in die Vader se hande mag wees om sy kinders tot volkome geneesing te bring.

    • Schalk, Elke werklike goeie dokter wat ek ken en respekteer, se diepste strewe is om die mens agter die siekte te vertroos, te genees en die angs wat met siekte kom weg te neem. Ek is oortuig dat dit in sy essensie ‘n baie edele roeping is wat oor die eeue deur die duiwel onteer en verdraai is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: