Van Lyding en hartseer

Vannaand is ek vir die eerste keer regtig hartseer, kwaad en telleurgesteld en vra ek “Hoe ver strek die satan se mag en heerskapy?”  Laat ek die storie begin omtrent 6 maande gelede.  My vrou se passie en, ek glo, Goddelike roeping is om die evangelie en God se liefde aan kinders te bring.  So het daar al profesië gekom dat Die Here hierdie gebied sal oopmaak vir Sy woord.  Aan die einde van die tweede kwartaal het die geleentheid hom voorgedoen dat ses vroue ‘n Emosionele onderseuningsgroep vir die kinders kon begin.  So het hulle op hulle eie tyd, met eie geld en eie inisiatief ‘n ou tennishuisie ingerig, driekwart van my meubels daarheen gedra en ure daar gesit.  Kinders het daarheen gestroom – pouses het die plekkie so vol gesit dat hulle by die deur uit gesit en luister het na Bybelstories, maar die ware doel daarvan, om kinders met vrese en seer en ‘n behoefte aan liefde te bedien, was eintlik waarvoor hulle daar was.

In drie weke is seker amper 30 kinders gesien met klein en groot probleme.  Dogtertjies wie se ma en pa aan’t skei is, of geen vriende het nie, of seuns wie se pa hulle half dood geslaan het.  So kan die lysie aangaan, en week na week het dit net meer geword.

Te kom die week in November waaroor ek praat onder die haar wat die kameel se rug gebreek het.  Ons doop ons dogter en ‘n vriendin en die hele inkwisisie wat volg.  In dieselfde week is die Onderseuingsgroep  gestaak – blykbaar het mense (wat nie gesien, getel of genoem kan word nie) gekla oor dit.  Ons vat dit maar en hou vas aan God se beloftes..

So gaan die tyd verby, ons word weer met ope arms in die kerk verwelkom en almal maak of niks gebeur het nie.  So met die nuwe jaar saam, kom die uitnodiging ook weer om aan die skool se beheerraad ‘n voorlegging te maak oor die voortsetting van die Onderseuningsgroep.  My vrou spandeer ure lank om al die kinders wat gehelp is met spesifieke probleme op papier te sit.  Sy neem dit saam na die vergadering en met groot entosiasme deel sy haar hart.  Toe kom die klippe (Hand 7:55)  of is dit nou brandpyle (Ef 6:16).  Die skoolhoof kondig aan dat twee NG-kerke uit die omgewing geskakel het om te raporteer dat van die partye wat betrokke is by die groep onder kerklike tug geplaas is en hy gevoel het dat dit dadelik gestaak moet word.  Natuurlik niks van die verdere waarhede nie – maar so werk die aanklaer mos maar.  Verder was daar ook allerhande kultiese aktiwiteite soos om die geboue en gronde te salf.

Eintlik weet ek nie presies hoekom ek seergemaak en vebaas voel oor die dinge nie?  Ons word toeg gewaarsku dat dit sal kom:

Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af. (2Ti 3:1-5)

Natuurlik sal die duiwel seëvier oor sy oorwinning – verlede Maandag is drie kinders op een dag van die skool af in die hospitaal behandel,  een met ‘n af kakebeen, die ander met ‘n af arm en nog een weens haar eie onverskilligheid.  Ek kan maar net vra, soos Stefanus dat Die Here hulle nie hulle ongeregtigheid toereken nie maar ek kan nie help om te dink aan God se opdrag aan Ananias om Saulus die hande te gaan oplê nie. 

Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.” Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”
(Hand 9:13-16)

Ironies genoeg lees ek ook is stuk van Jonas Clarke oor “Discerning Religious Spirits: The murdering spirit of the religious”  (Klik gerus op die titel en gaan lees)  Ek moet erken dat ek diep telleurgesteld is in die “Christene” wat so blatant die werk van die duiwel doen, wat meer bekommerd is oor wat mense dink as om die koninkryk van God uit te bou.

Here, vergewe hierdie mense ten volle en moet U seëning nie van ons skool, kerke en gemeenskap weerhou nie.  Ek glo soos Elisa dat dié wat by ons is, is meer as wat hulle is en bid net soos hy: “Here, maak tog hulle oë oop dat hulle kan sien.” (2Kon 6:16-17).  Alles gebeur tot verheerliking van U Naam.  Amen

~ deur Khosaan op Februarie 2, 2010.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: