Shout to the Lord

Net ‘n kort opvolg oor Charnè waaroor ek ‘n paar dae terug geskryf het onder Uit die perd se bek;  Ek het Sondag haar tracheostomie buisie vervang met ‘n spraakbuisie sodat sy kon begin praat.  Ek het ook vertel van haar eerste fluister woorde in ‘n week.  Nou is dit 3 dae later…

Maandag oggend toe ek by haar is, kom daar so dan en wan ‘n stemmetjie deur die fluister en teen Dinsdag is daar nie meer enige fluisterstem oor nie maar net ‘n Engelstemmetjie.  Wel ‘n bietjie hees (die Engelse sal praat van Husky) maar dan is daar nog ‘n klomp irritasie en goed in haar lugpyp.  Dit wil selfs vir my voorkom asof ons dalk die Tracheostomie buisie sal kan uithaal en haar daarsonder huistoe stuur.  Wat ‘n wonderlike getuienis sal dit wees en van ‘n mediese perspektief, ‘n Wonderwerk!

Here, Jesus, Ek dank U en loof U Naam vir die stem wat Charnè uit die hemelse stoorkamers gekry het.  Dankie dat U Gees lewe in haar blaas as lewende getuie vir U.  Alle eer kom U toe.  Amen

~ deur Khosaan op Februarie 10, 2010.

2 Responses to “Shout to the Lord”

  1. Dankie dat u so ‘n wonderlike, gehoorsame kind van Jesus is. Dankie dat u Jesus vir ons almal Lewend hou. Ons loof en prys Jesus saam met u.
    Mag Jesus u en u gesin, asook u werk in oorvloed seën. Mag u ‘n wonderlike week beleef. Groete in Jesus

  2. Ons as familie van Charné is oorweldig deur die “engele” wat God op haar pad geplaas het! Een daarvan is jy!!! Baie dankie vir jou liefde en ondersteuning toe my sus en swaer stukkend was en ons hardop gesê het:” Ons GOD is groot en Charné sal uit die hospitaal loop!” Dankie dat jy na die operasie vir hulle gesê het: “Loof die Here! Hy het ‘n wonderwerk verrig!” Daarmee het ons presies geweet God was goed vir ons! En ons prys Hom vir iemand soos jy!!
    Baie opregte dankies en liefde uit ons hele familie.
    Ferreira, Snyman, De Jager, Strauss en van der Merwe-families

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: