Huis toe!

Ek lees vandag so vinnig al die kommentaar wat die laaste paar dae op my Blog gelaat is en voel half skaam maar ook trots – nie trots op myself nie, maar soos Paulus skryf in Rom 15:17  “In Christus Jesus is ek trots op wat ek in diens van God verrig.”  Ek kom toe ook agter daar het alweer ‘n paar dinge verder gebeur.

Ek het voorheen vertel hoedat Charnè haar eerste woorde gespreek het en dat sy selfs ‘n stem het.  Teen die Woensdag besluit ek om te toets of sy sonder haar trachi-buis kan asemhaal.  Nou moet ek dalk eers iets verduidelik;

As beide stembande verlam is, dan gaan lê hulle naby mekaar, tot so ‘n mate dat daar min lug tussen hulle kan deurbeweeg.  As daar dan nog ‘n klein hoeveelheid swelling bykom, is hulle sommer gou heetemal toe.  So ‘n pasiënt is gewoonlik baie angstig en haal hygend asem.  Met die uitasem is daar ‘n positiewe druk vanuit die borskas was die lug verby forseer maar met die inasem in daar ‘n negatiewe druk wat die lug dan deur die stembande moet insuig en dit is juis hier dat die pasiënte ‘n groot probleem het – lug wil nie in nie.

Ek verduidelik alles aan haar en druk die buis se opening toe.  Bo alle verwagting, vloei lug redelik maklik deur die stembande na binne.  Dit was ‘n wonderlike verligting.  Dit sou ‘n massiewe verskil maak as sy sonder hierdie buis kon huis toe gaan.  Ons besluit  Donderdag oggend vroeg om die buisie uit te haal en die opening in haar nek toe te plak.  Sy lyk ‘n bietjie bekommerd oor die gedagte maar byt vas.  Alles lyk goed.  Na ‘n uur sê sy dat sy ‘n bietjie benoud voel as sy stap maar sal nog uithou en kyk.  Teendie middag gaan loer ek met ‘n kamera na haar stembande en ook na die lugpyp van binne.  Daar is nog heelwat kneusing van die stembande en keel en die area waar die lugpyp herstel is, is ook nog 30% vernou weens swelling maar sy haal asem en praat met ‘n stem en sy voel al minder angstig.

So word ons wondermeisie Donderdag laat-middag ontslaan saam met haar ma.  Oor die naweek loop sy die winkels plat en kuier saam met haar ma oral roend.  Maandag sien ek haar en haar glimlag helder sommer my dag op.  As ek net ‘n bietjie van daardie borrelende vriendelikheid kan opvang en bottel, sal ek darem ‘n klomp dikbek tieners kan gesond maak!  Die opening in haar nek is amper toe, se praat en haal asem en spring amper uit haar vel toe ek sê sy kan maar ‘n bietjie plaas toe gaan.

Ek gaan haar mis in my saal maar nou is sy net in Die Here se hand.  Hy sal die res doen.  Dankie Jesus!

~ deur Khosaan op Februarie 17, 2010.

4 Responses to “Huis toe!”

  1. Baie,baie dankie dat jy so mooi na ons “Charne’tjie” gekyk het. Ons glo onwrikbaar dat die Here jou op haar pad moes sit. Ons glo dat jy hierdie wonderlike werk in diens van Christus gedoen het. Dankie vir die vertroue wat jy ons weer in die mensdom gegee het. Sy;s die oudste kleinkind en baie,baie spesiaal en ons is almal verskriklik lief vir haar. Ons het haar donderdag gesien en die oomblik was groot,maar dit was wonderlik om te sien sy is ‘okay’ en die drukkie was hierdie keer ekstra spesiaal. Ons belowe om baie mooi na haar te kyk. Weereens dankie vir alles wat jy vir haar en hulle gedoen het. Jou passie vir Jesus is so aansteeklik. Ons bid dat dit vir altyd in jou werke sal voortleef! Fourie,Renate(sussie van Louzelle),Janke en Francois

  2. Hoe sê mens dankie vir die lewe van ons poppie-peetkind? Dankie vir die liefde en ondersteuning wat jy aan my sus en swaer gegee het toe hul stukkend en verslae was. Ons was daar van die Paarl-hospitaal af en het geweier om te aanvaar dat sy nie weer saam met ons gaan lag en leef nie. God was almagtig en goed en ons het hard-op gesê dat sy uit die hospitaal gaan loop!! Danksy ‘n engel van God (dr. Ettienne) is daardie geloof bewaarheid. Dankie aan God dat hy mense soos jy oor Charné se pad gestuur het om vir satan te wys dat God baie meer almagtig is. Mag God jou help om voort te gaan om aan mense drome terug te gee!!!
    Pierre-Albert en Elmarié en 3 seuns wat absoluut gek is oor hul nig

  3. ettienne,ek kan net met almal deel in wat se rol jy speel in mense se lewens.Dit is beslis Godgegewe en spoel oor na jou pasiente.Dis n voorreg om dit saam met jou te kan beleef.Sterkte en baie seën.Jou vriend.Wayne

  4. Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid!Rom 11:36 God se heerlikheid is is die wese van Sy aard, die gewig van Sy belangrikheid, die skittering van Sy luister, die demonstrasie van Sy krag, en die atmosfeer van Sy teenwoordigheid. God se heerlikheid is die uitdrukking van Sy goedheid en al sy ander intrinsieke, ewige hoedanighede. Laat ons dan nie stilbly nie! Dankie Jesus, vir Charné en vir die wonderlike getuienis wat Sy vir U heerlikheid is. Gerhard,Celesté,Christean en Nina Neethling

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: