Van doop en watergeeste

En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer en skreeu met ‘n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie. Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit! En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: Legio is my naam, want ons is baie. Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie. (Mar 5:6-10)

In hierdie week het ons weereens die wonderlike werking van God self beleef. Ek het al voorheen gemeld van ‘n man wat in ‘n koma is en deur die genade en leiding van Die Heilige Gees hier in die Kaap uitgekom het. ‘n Ou vriend en kollega kyk na hom en ten midde van sy persoonlike geestelike ontwaking het ‘n heweige geestelike oorlog uitgebreek oor die liggaam van hierdie man. Lees dalk eers my stukkie oor ‘n Lewe van wonders. Ek haal so ‘n stukkie aan:

Hy vertel my van ‘n man wat van Rusternburg af oorgeplaas is na hulle versorgingsafdeling. Noem hom maar Jannie (skuilnaam). Hy was in ‘n ongeluk en vir maande in Johannesburg in ‘n hospitaal. Daarna na Rustenburg oorgeplaas in ‘n permanente vegitatiewe staat (hy reageer nie op enigiets, haal asem deur ‘n tracheostomie en word gevoed deur ‘n voedingsbuis en kan glad nie sluk nie).

Net na Schalk van vakansie terugkom, kry hy vir Retha McPherson by die man se bed. Haar seun was ook in ‘n ongeluk erg breinbeseer (lees die storie hier). Sy was besig om vir Jannie se vrou te wys hoe om hom te laat skryf. Wat! Skryf in ‘n koma! Hy reageer nie eens behoorlik op pyn nie! Sy vat sy hand en sit ‘n pen daarin en … HY BEGIN SKRYF! “Wys my vrou”, is wat hy eerste skryf. Daar is al ander gevalle hiervan beskryf maar meeste dokters bly maar baie skepties – ek en Schalk ook. Hy probeer dit egter een aand ook met Jannie en dit werk wraggies – dit gaan maar stadig maar letter vir letter en woord vir woord kommunikeer hy – en hy skryf toepaslike goed, kan sê watter kleur hemp die fisio aangehad het, ens. Verlede naweek bel die suster vir Schalk – iets is groot fout! Jannie se bloeddruk en pols het baie laag begin val en hy haal swak asem. Schalk gaan kyk dadelik. Hy kry niks regtig fout nie en met ‘n bietjie ondersteunende behandeling verbeter hy ‘n bietjie maar dit pla hom. Hy het vir Retha op hoogte gehou oor sy toestand en hy laat haar weet. Sy bid en laat weet terug dat Schalk ‘n “koma gees” moet gaan aanspreek. Ook dat hy Rebecca Brown se boek moet lees.

Jy sien, Jannie begin na ‘n tyd vra oor wat die demone is wat binne hom is en hy noem ‘n klomp name. So begin ‘n stryd om van die goed ontslae te raak. Ek wag nog dat Schalk vir my ‘n stuk skryf oor sy pad saam met die man. So drie weke terug skryf Jannie dat God vir hom sê dat hy wedergebore moet word. So skryf-skryf bely hy Jesus as sy enigste Verlosser. Wonderlik! Maar, hy praat ook steeds van die watergeeste wat hom so pynig en martel en vra baie uit oor hulle. Nou is daar baie mense wat nie kan verstaan hoe demone en bose geeste binne in ‘n belydende Christen kan bly nie – ek het dit ook nie geglo nie, maar in die laaste paar maande dit eerstehands ervaar.

Verlede week Woensdag kry ek ‘n droom. Ek dryf so tussen slaap en wakker en redineer so met myself terwyl ek droom: Ek staan in ‘n plek soos die Hemel. Dit is wit oral rondom my, nie blou lug soos ons dit sien nie. Aan beide kante van my is daar gordyne of draperings, amper soos ‘n ou Arabiese tent. Tussen die twee gordyne is daar ‘n koepelvormige wit strutuur. Ek hoor ‘n stem sê dat dit Jannie verteenwoordig – amper soos ‘n grafiek. Die stem sê ook vir my dat God ons sal wys hoe om Jannie vry te maak. Oor die koepel verskyn ‘n streep van links na regs – amper asof iemand ‘n lyn op ‘n grafiek getrek het. Ek weet dit is die doop en die begin van sy bevryding. Toe ek besef dit is die doop, verskyn my ou laerskool se wapen bo die lyn – dit hang so half in die lug. Ek probeer mooi kyk wat persies op die wapen is, maar ek weet dit gaan nie oor die wapen self nie maar dat dit die Van der Merwesklool se wapen is, JJ van der Merwe. Direk daarna is daar ‘n volgende streep amper bo-op die vorige een. Ek kon hoor wat dit beteken het, maar het dit vergeet toe ek wakker word. Direk daarna vou ‘n groot wit doek die wit koepel toe en ek vra wat is dit. Die stem sê: “Dit is die Heilige Gees wat hom toevou” Ek droom verder dat daar ‘n draagbaar is van goud, silwer en wit draperings waarmee ons hom doop. Ek sien hom nie maar sien hoe die draagbaar en lappe deur die lug beweeg. Toe dit terug begeweeg na die tent waarin ek staan, sê die stem weer: “Los dit sommer net daar want julle sal dit vinnig weer nodig hê”

Hiermee word ek wakker en vra vir God dat Hy bevestiging sal gee as hierdie droom van Hom af was. Ek staan toe ook op en skryf dit neer. Ek stuur dit die volgende dag aan Schalk, maar na sy huis epos adres en hy kry dit dus eers Donderdag na werk..

Toe hy saalrondte doen Donderdag oggend, skryf Jannie: “Ek moet groot gedoop word” Wat ‘n bevestiging was dit nie! Nadat dit met sy familie bespreek is, is reëlings getref om die jong man te doop – nogal ‘n logistiese probleem as hy in ‘n koma is, net kan skryf as kommunikasie en dan nog volledig onderdompel moet word.

Dinsdag na werk, met sy hele familie daar en ‘n entosiastiese klomp verpleegstaf, is Jannie toe in die bad by die versorgingseenheid gedoop, Goud, Wit en Silwer draperings inkluis. Die teewoordigheid van ons Here was so sterk daar! Ek wag nog op die volgende stappe soos in my droom belowe.

In hierdie oorlog, het Jesus en Sy Heilige Gees nie tyd vir dogma en kerkleëringe nie. Die boeke van Numeri, Levitikus en Deuteronomium is vol rituele wat nodig was om die volk van God te beskerm teen die magte van duisternis. Hulle is steeds daar en hulle tyd is min. Hulle aanvalle sal net meer en meer word. Die doop deur onderdompeling is ‘n belangrike geestelike wapen in hierdie stryd. In hierdie stryd is daar ook nie kortpaaie nie. In Exodus 13:17 en 18 staan daar: ” Toe die farao die volk laat trek het, het God hulle nie die pad na die land van die Filistyne toe laat vat nie, hoewel dit die kortste was, want Hy het gesê: “As die volk in ‘n geveg betrokke raak, kan hulle dalk spyt kry en na Egipte toe teruggaan.” Daarom het God die volk met ‘n ompad laat gaan, met die woestynpad in die rigting van die Rietsee. (Exo 13:17-18). Vandag nog sal die vyand enige nuutgebore Christen probeer aanval sodat hy kan moed verloor en herhaaldelik terugkeer na die land van slawerny. Die doop gaan nie om sinodes en kerkrade nie maar om lewe en dood!

Ek wag nog om te hoor wat van Jannie se watergeeste geword het. Daar was geen varke daarnaby nie maar net soos Markus skryf in hoofstuk 5, hoop ek hulle het almal in die water versuip.

Alle eer aan Jesus wat die oorwinnig behaal het. Ons sal nie meer toekyk hoe die vyand kom om te steel en te roof en te slag nie! Amen.

~ deur Khosaan op Februarie 21, 2010.

9 Responses to “Van doop en watergeeste”

  1. Ettienne

    Ek het jou skoolwapen gekyk en verstaan nie mooi waar dit inpas nie maar die wapen is vol van die Vrymesselaars se tekens. Was Jannie by hulle betrokke want dit sal beslis gesny moet word. Al was sy voorgeslagte by dit betrokke moet dit ook gesny word. Jy kan Kobus Olivier by 021 852 7300 kontak in Somerset Wes hy verstaan nogal van die goed.
    Weerstaan die duiwel en hy sal van jou af weg vlug.

    • Ek weet ook nog nie mooi waar dit inpas nie maar vertrou dat die antwoord sal kom. Ek wil nog ‘n wapen sien wat nie vol vrymesselaars simboliek is nie. Ons het al gebid vir bevryding en van voorgeslagte se vloeke en sondes en verbind aan Jesus se bloedlyn. Dankie vir die inliging. Soos die hele vers sê: Nader ons eers tot God en deur Sy toenadering, sal ons die duiwel teëstaan sodat hy vlug. Prys die Grote Naam van Jesus!

  2. Ettiene, ek sal graag die vordering van “Jannie” wil volg – joe, ons aanbid ‘n wonderlike God. My man is huidiglik in die hospitaal en sukkel twee jaar om te herstel. Hy is vrydag vir die 4de keer opgeneem en wil net nie herstel nie. Ons het ook by ons Vader vasgestel dit is watergeeste wat pyniging veroorsaak en nadat ek hierdie getuienis gelees het – maak baie dinge vir my sin. My man is nog nie gedoop nie!!!! Ek stem doop is ‘n wapen!
    Ek weet en het vergeet daarvan. Op ‘n dag het ek groot opdrag vir die Vader gaan doen en 1ste ding was om my te doop. Het eers later geclick! Biki stadig. Ek staan op God se beloftes tov my man – gaan hom water toe sleep. Groete

    • Drienie
      Dankie vir jou kommentaar. Ek het die laaste die blog ‘n bietjie afgeskeep. Ek beplan om Jannie se hele storie te vertel hier. Sal jou laat weet. Ek kontak jou per e-pos oor jou man.

      Ettienne

  3. Dis nou meer as 2 jaar later – enige nuwe wendinge?

    • Valerie, dankie vir jou kommentaar. Dit is baie erg as die tyd so vinnig verby gaan. My plan was juis dat Schalk vir my die verhaal in volle detail skryf sodat ek dit op my Blog kon sit.

      Nadat ons vir Jannie gedoop het en hy weer rustig en droog in sy bed was, het hy weer twee sinne geskryf. Die eerste was; “Ek is verheug” en toe daarna; “Ek dans met Jesus” Hy was nogal uitgeput en baie rustig.

      Van daardie dag af het hy nie een keer weer geskryf van watergeeste of enigiets wat hom seer maak of vashou nie. Hy het ook nie weer probleme met verhoogde breindrukke gehad nie. Ongelukkig het hy nie heeltemal wakker geword nie en alhoewel hy baie rustiger was en meer responsief teenoor sy familie, het hy nie begin praat nie.

      Hy is later ontslaan en hy is terug na die ou Transvaal. Ek weet nie presies wat sy vodering was daarna nie, maar ek het wel gehoor dat hy ‘n paar maande later longontsteking ontwikkel het en kort daarna oorlede is. Alhoewel dit baie hartseer was, weet ek dat sy plek in die Koninkryk van Die Hemel verseker is en dat sy getuienis steeds mense aanraak.

      Na hom was daar ‘n hele klomp pasiënte wat ook in ‘n permanente vegetatiewe staat was, wat hier toegelaat is. Daar is een van hulle wat volledig herstel het, weer begin praat het en weer terug is skool toe. Ek hoop tog dat Schalk vir my een van hulle se storie volledig sal neerpen met foto’s.

  4. Hi Ettiene, dis weer Drienie dis vier jaar verder! My man het gevra om gedoop te word! En het wonderlik herstel! Ek Eer ons Vader en Koning Yeshua vir elke dag wat ek die voorreg het om hom saam met my man te dien! Ek kan net getuig…dit is die moeite werd om “skoon te maak” en gehoorsaam te wees!! shalom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: