Wysheid en Godgegewe onmoetings

Ek lees gister Daniël aangesien ons by die Bybelskool nou begin met die boek van die Bybel en kon nie help om vas te steek by vers 17 nie:

En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.(Dan 1:17)

Ek dink oor die jare soveel aan  Jesus se eie woorde van dank aan Sy Vader dat Hy die dinge  nie vir die wyses bestem het nie en Paulus se uitsprake soos:

Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. (1Kor 1:20-21)

Ek sien dag tot dag om my hoe slim mense die Evangelie ter syde stoot, of soms die skyn van godsdienstigheid aanhang, maar nie werklik stap en glo in die krag daarvan nie.  Baie mense roem hulle juis daarop dat hulle superieure kennis en wysheid hulle verlos het van hierdie agterlike en kinderlike geloof dat daar ‘n ding soos ‘n God is.  Ek moet erken dat ek al baie gewonder of ek met my geleerdheid my dan juis weerhou van die volheid van die waarheid?  Dat dit die rede is dat ek so sukkel om God se stem duidelik te kan hoor?  Ek het immers jare en jare se boekekennis agter die rug – niks waarvan iets bygedra het tot ‘n beter kennis van God en Sy geesteswêreld nie. Waarom sou die God wat my in die moederskoot gevorm het en my geken het nog voor ek gebore was my dan “vervloek” met ‘n verstand wat dinge maklik snap en onthou en insig om sin te maak uit moeilike abstrakte konsepte?

Nou lees ek vers 17 in Daniël 1 en besef opnuut hoe God ook ons “slim” mense nodig het, maar ek weet ook dat dit nie maklik is nie.  Daniël was geseënd in kennis van beide die Babeloniese (wêreldse dinge) maar ook die geestelike dinge.  Deur homself nie te verontreinig nie, kon hy steeds God se stem duidelik hoor.  Hy is daarvoor vervolg en in lewensgevaar geplaas.  Deur dit alles het die grootste en sterkste koning van Babelonië die Here God begin aanbid.  Watter beter voorbeeld wil ons hê van “In die wêreld maar nie Van die wêreld nie”.  En dan wonder ek as ons so swartgallig kyk na die nuus oor Zuma se hoeveelste baba en Malema se militante en liefdelose radikale uitsprake, wat het geword van Die God wat Nebukadneser tot inkeer kon bring – glo ons Hy het ons in hierdie land verlaat?  Bid ons nog met daardie geloof vir ons leiers?

Gisteraand onmoet ek ‘n narkotiseur wat met soveel passie en opgewondenheid van Die Here getuig en brand om meer van Jesus en Sy Heilige Gees te ervaar en juis die waarheid van Jesus in ons mediese beroep in te bring.  Hy vertel ook van ander kolega’s wat so elkeen op sy eie hierdie pad van “wetenskap, wysheid van allerhande geskrifte en kennis” maar binne God se plan met Sy Gees wandel.  Ek glimlag maar net oor hoe groot en wonderlik ons Koning is in die manier hoe Hy mense oral oprig om sy volk te bevry van die Babiloniese (wêreldse) denke en leuens. Tog voel dit nog soos ‘n paar druppels in die see, ‘n klein handjie vol mense wat skop teen die prikkels.  Hy vertel hoe moeilik dit is om openlik en hardop voor ander mediese personeel sy geloof en vertroue op Jesus te bely.  Ons gesels oor die belangrikheid van ‘n geleentheid waar ons, soos Daniël en sy vriende, bymekaar kan kom en mekaar kan bemoedig en oprig en herinner aan die God van alle wysheid.  Dit is iets wat ek al ‘n tydjie op my hart het en hy voel net so sterk daaroor.  Ek sal dus hopelik binnekort ‘n klein afdeling byvoeg in die regter kolom waarin inligting oor byeenkomste met datums en tye sal verskyn.  Sommige hiervan sal beperk wees tot mediese personeel en ander vir enigeen wat net Die Here se naam wil grootmaak.

Ek loof Die Here God dat Hy hier aan die einde van dae ook geleerdes en wyses in wêreldse kennis oproep en Sy Wysheid en Insig aan hulle opebaar sodat Sy volk kan weet die ballingskap is amper verby en sodat die “Nebukadnesars” van hierdie wêreld (noem hulle maar op, Zuma, Obama,…) kan hoor van die God van die heelal en kan bely dat Jesus die Koning is.  Moet nie moed verloor nie – God is in beheer en geen vors kan staan voor Sy Heiligheid nie!  Amen

~ deur Khosaan op Maart 3, 2010.

One Response to “Wysheid en Godgegewe onmoetings”

  1. Wow ou vriend dit is ‘n boodskap na aan my hart. Dankie vir julle ondersteuning en gebede.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: