Vrae oor God!

Na aanleiding van my laaste inskrywing was daar heelwat vrae en bespiegelinge oor God en Sy motiverings vir opdragte aan Sy volk, self die vraag of God werklik goed is? Ek moet erken ten spyte van my beste antwoorde en verstaan van God se Woord, bly daar maar altyd onbeantwoorde vrae, so toe ek my kop neerlê gisteraand vra ek aan Hom om vir my en die mense wat werklik worstel en vra tog antwoorde te gee.

Vanoggend bel ‘n vriendin en sê dat Die Here aan haar gevra het om te skakel en te deel wat sy onlangs by ‘n praatjie deur Benni Hinn gehoor het. Ek sal nog van die gedagtes deel maar vir nou wil ek Job 9 en 10 voorhou. Die kruks is dat God sê al die antwoorde lê in Sy Woord.

Spr 25:2 sê: “Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.” Deut 24:24 sê: “Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.” Ek verstaan daardeur dat Hy alles wat Hy van ons verwag aan ons bekend gemaak het maar dat dit nie beteken dat ons Hom ten volle sal begryp terwyl ons nog in hierdie drie dimensies van die wêreld vasgekeer is nie.

Job was ‘n regverdige man in God se oë, een wat deur satan aangeval en geteister is. In al hierdie tyd het Job standvastig aan God vasgehou. Die boek Job bevat baie insigte en waarhede oor God.

Job 9:2-35 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan ‘n mens regverdig wees by God? (3) As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie. (4) Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly? (5) Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn; (6) wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril; (7) wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ‘n seël wegsluit; (8) wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see; (9) wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide; (10) wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal. (11) Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk. (12) Sleep Hy weg—wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U? (13) God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip. (14) Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom; (15) Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek! (16) As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie. (17) Hy wat my deur ‘n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder; (18) my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede. (19) Kom dit aan op die krag van die sterkste—hier is Ek! En kom dit op reg aan—wie kan My dagvaar? (20) Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as ‘n verkeerde reken. (21) Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe! (22) Dit is net eenders—daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy. (23) As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges. (24) Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders? (25) Ja my dae was gouer as ‘n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien. (26) Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos ‘n arend wat neerskiet op sy prooi. (27) As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word, (28) dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie. (29) Ek sal tog skuldig wees—waarom sal ek my dan tevergeefs afmat? (30) Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog, (31) dan sou U my in ‘n poel indompel, sodat my klere van my ‘n afsku kry. (32) Want Hy is nie ‘n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie. (33) Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie. (34) Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie; (35) dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.

Krakatoa 1883Hierdie God wat mense so maklik beledig, belaster en soms maar net afskeep, is nie ‘n klein, klasifiseerbare en psigo-analiseerbare God nie. Hy het die Hemel en die aarde geskape en kan berge soos Karakatoa binne ‘n oogwink van die aarde af wegvee. Ek sal verkies om maar aan Sy kant te wees!

Ek het vroeër gesê Faro het 10 kanse gehad om God te erken as Die Almagtige God, Ek was verkeerd – Hy het 5 keer self besluit om sy hart te verhard, daarna was sy kanse op en het Die Here sy hart nog 5 keer verhard tot verheerliking van God en bevryding van Sy volk. Is jou 5 kanse al op?

Ek skryf later verder…

~ deur Khosaan op Maart 9, 2010.

2 Responses to “Vrae oor God!”

  1. Dit voel net of ons so in die finale dae is en dat die groot gebeure van die profesieë meer en meer begin plaasvind. Is Sy bruid gereed of moet ons nog gaan olie haal?

  2. Dankie dat u met ons hierdie kragtige gedeelte gedeel het oor dat die mens wik maar God beskik soos n rivier vloei en kronkel oor vlaktes en deur berge so lei Hy konings se harte.Ek sal graag dat terwille van oneerlike bestuurders u die volgende vraag beantwoord. Is integniteit vir God belangrik ? Dit kom meer en meer voor dat oneerlikheid sevier in maatskappye selfs onder Christen bestuurders(managers) dan wonder ons hoekom die sprinkane ons oeste opvreet ?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: