Hy’t vas besluit hy trek hier uit!

Sjoe, maar tyd vlieg verby teen die spoed van lig…As dit maar so was, dan het tyd stil gestaan, aldus Einstein se relatiwiteitsteorie.  Genoeg van die wetenskap…

Ek het die blog begin nadat ons lewens binne die kerk in die doldrums beland het weens die doop-kwessie.  Na die inkwisisie en daaropvolgende gespekke, was ek onder die indruk dat daar ‘n punt van orde bereik is, een waar ons ten volle deel kon wees van die gemeente (insluitend die bediennings waarin ons voorheen was).  Adriana het besluit sy bedank uit die kinder- en musiekbedienning maar sy het gevoel dat sy weer sal terugkeer indien Die Here dit van haar vra.  Ek was vasbeslote dat ek nog ‘n groot doel hier binne die NG gemeente het, dat ek die beloofde herlewing wil sien en die Here prys daarvoor.

Intussen het die vyand ‘n agressiewe teenaanval geloods en die realiteit van die nuwe-wyn-in-ou-wynsak kwessie het weer die waarheid daarvan bevestig.

Eerste ding wat gebeur is dat die kerk op twee geleenthede beroof word terwyl geestelike aktiwiteite aan die gang was.  Iemand anders (een van daardie gesilose, naamlose mense) gaan kla oor die feit dat mense by die kerk snaakse goed kom aanvang het, goed soos “Demone verdryf, vlae swaai en bid in vreemde tale”.  Onmiddelik neem die kerkraad die besluit dat die kerksaal glad nie meer gebruik mag word deur enigeen nie.  Sekulêre aktiwiteite mag voortgaan teen ‘n tarrief maar enige geestelike aksie wat nie deur die gemeente geïnisieer word nie, moet aansoek doen vir gebruik en eers ‘n voorlegging maak van die geestelike aktiwiteite wat sal plaasvind en die formaat van die byeenkoms sodat die kerkraad dit kan keur.  Indien die vir hulle aanvaarbaar is, kan dit dan teen vergoeding voortgaan. 

Die kinderbedienning wat oor die verloop van drie jaar 7-voudig gegroei het, begin kwyn oor drie maande en die nuwe hoofleidster vind dit al moeiliker om die aktiwiteite aan die gang te hou (weens persoonlike kwessies).  Adriana word gevra om weer te kom uithelp en sy kom die Dinsdagmiddag daar aan by ‘n groepie kinders wat ses maande van tevore geborrel het vir Jesus maar nou nie hulle verveling met die lofliedjies en aanbing kan wegsteek nie.  Toe dit blyk dat die nuwe leidster nie kan voortgaan met die kinderbedienning nie, word Adriana deur die ander leidsters gevra om weer die bedienning oor te neem en toe kom die offisiële besluit van die kerkraad na vore dat sy onder geen omstandighede weer betrokke kan wees indien sy nie die leër van die kinderdoop kan onderskryf nie. 

Nou is dit vir my irronies dat omtrent al die huidige leidsters hulself laat doop het, en dat omtrent ‘n derde van hulle nie eens in die NG-kerk is nie en glad nie die leër van die NG-Kerk onderskryf nie.  Tog word hulle toegelaat om rustig voort te gaan met bedienning?

Ek kan dit begryp dat kerke sekere reëls het en dat sulke reëls (hopelik) gefundeer is op die Bybel.  Dan verstaan ek dat lidmate wat hulself nie aan die reëls (en per implikasie die Woord van God) wil onderwerp nie, verhoed moet word om hulle dwalinge te verkondig.  Ek kan verstaan dat ‘n Godvresende kerkraad die aangesig van Die Here soek oor sulke sake, vas en bid en werlik luister na die leiding van Heilige Gees en dan besluit dat diegene wat hulself nie by die Bybelse leër wil hou nie, liefs onder tug geplaas moet word.  Maar wat ek nie kan begryp nie, is die onkonsekwente en selektiewe toepassing van reëls wat polities versigtig geformuleer word en niks met die uitbou van die Koningkryk van God te doen het nie. 

Ek dink onwillekeurig aan Matt 6:5, “En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.”  Hierdie geveinstes in grieks is hupokritēs wat beteken ‘n akteur wat ‘n rol vertolk.  Die engelse woord ” hipocrite” kom daarvan af. 

2Sam 15:22 sê dat gehoorsaamheid vir God beter is as slagoffers en om te luister beter as die vet van ramme.  Ek probeer elke dag my lewe leef in gehoorsaamheid tot die Enigste Almagtige God en ek sal dit doen, selfs al dink al die mense om my ek is ‘n mamparra.  Ek glo dat God my net kan gebruik tot die mate van my gehoorsaamheid en veral glo ek dat ek sal verantwoording doen vir elk  daad van ongehoorsaamheid wat ek gepleeg het. 

 Selfs as klein seuntjie onthou ek die gevoel wat in my sou opwel as ek sien hoe ‘n maatjie ‘n speelding by ‘n ander een afneem, of later as ‘n onderwyser met ‘n kind raas wat onskuldig was en nou voel ek weer daardie selfde gevoel in my opstoot, een van skree teen die ongeregtigheid!  Ek kan nie stilbly nie en ek kan my nog minder assosieer met sulke mense.  Eerlikheid, opretheid en integriteit is vir God ononderhandelbaar en vir my ook. Daarom die titel van vandag se stuk – my ossewa, byeboerwa is gepak, die afskeidsbrief geteken en die pad lê voor by ‘n Volle Evangelie gemeente van Past Raymond Lombard hier in Parow met die naam van “Die Lewende Woord” gemeente.  ‘n Plek waar die Woord van God nie relatief is nie, waar daar erns gemaak word met gehoorsaamheid, waar sendingwerk aktief, prakties plaasvind, nie deur proksie en donasie nie en waar ek die eerste dag ‘n gees van uitnodiging, openheid en liefde ervaar het.  Liefde vir God en liefde vir mense.
In my vrou se afskeidsbrief aan die kerkraad skryf sy die volgende:

Do 1 April (die aand van stilnagmaal) sê Heilige Gees 5 voor sewe dat ek moet kerk toe gaan.  Die heel week was ek op Daniël vas, sonder dat ek weet waarom.  Daardie aand in die kerk gee Heilige Gees die volgende beeld vir my, met die dat ek omtrent die hele diens deur gehuil het… Hy wys ‘n vuil verwese trourok opgehang in ‘n skuur, met dooie bouganvilla’s (die pienk-pers blomme wat wys op die herlewing-, genesings- en koninklike roeping wat op die kerk gerus het) en hoe die bruid nooit die rok wou aantrek nie.  Ek het by die Here gepleit dat Hy nie die seëninge van hierdie gemeente sal wegneem nie.  Hy het my gewys hoe die rok in ‘n pragtige boks op die rak gebêre sou word totdat ‘n ander generasie dit sal oopmaak en dra tot seën van die wêreld… Ek bid dat dit gou sal wees.

Net gister kry ek ‘n stukkie kommentaar oor eerlikheid en integriteit en of dit belangrik is vir God.  Ek weet reeds wat die antwoord is, maar top nog ‘n bietjie oor hoe om dit te sê…die antwoord kom binnekort…

~ deur Khosaan op April 21, 2010.

8 Responses to “Hy’t vas besluit hy trek hier uit!”

  1. Hi Ettiene! Ek hoop regtig jy kry wat jy soek by die nuwe kerk. Toevallig ken ek vir Pastoor Raymond Lombard. Ek het vir sy kind klas gegee jare terug. Ek kan verstaan dat sekere dinge jou gefrustreer het in die N.G kerk en dit klink vir my ook na dubbel standaarde . Ek wens julle net mooi dinge toe!

    • Frustrasie kan ek mee werk. Ek was bereid om ‘n lang en harde pad te stap as dit ‘n nuwe openbaring en belewenis van God vir ‘n klomp ander sou beteken.

  2. Vir meer as ‘n jaar woon ek nie meer eredienste by nie. Ek het groot geword in die NG kerk, maar mettertyd soos ek ouer geword het, het ek al hoe meer dinge agtergekom wat my pla. Telkens as ek myself oortuig het dat dit tyd is om weer ‘n slag ‘n erediens by te woon dan lees ek iets soos hierdie …

    Sterkte met julle skuif, mag die Here jy baie seen in die nuwe omgewing.

    • Ek dink die gevaar is dat ‘n mens ook weg kan dryf van God af in die proses, en weet van baie wat het. Dit is waarom ek maar liewer loop soek na ‘n nuwe plekkie.

  3. Hi Ettiene
    My suster, Hanli Venter, van Cradock het jou link aan my gestuur. Ek het ongelukkig nie tyd om te veel te lees nie, maar is reeds na die eerste 3 paragrawe agter die kap van die byl. Ek is ‘n eks-advokaat wat nadat ek etlike jare gelede die NG Kerk verlaat het a.g.v. dieselfde redes waarmee jy nou worstel. Ek is die afgelope agt jaar voltyds in die bediening en dien as pastoor van Liberty Christian Church in George. Ek sal graag gesels as jy wil, ek het reeds jou pad gestap. Sterkte! Mag jy nooit moeg word om alles in die stryd te werp om die volheid van Christenskap te beleef nie! Insluitend die gawes van die Gees – daar is ‘n nuwe seisoen vir die Kerk – God is besig om die kerk terug te bring na die ervaringe van Handelinge, dit gebeur daagliks, tale, genesings, mense word uit die dood opgewek, ens.
    Mag jy in die volheid hiervan leef! Basson Nel 082 7878978

  4. Hi,ek was deel van ‘n groepie hier in J’burg wat vir Carla gebid het tydens haar siekte en sedertdien volg ek jou blog. Dit is onstellend om te lees hoe ons broers en susters mekaar kan seermaak, maar ek glo dat die Kerk bestaan uit gebroke mense waar ledemate maar ongelukkig nog steeds by tye verkeerde dinge doen (bygese sommige dinge is erger as ander!). Ek wil graag 2 e-boeke vir jou email wat ‘n baie groot indruk om my gemaak het. Die eerste is “Living with Jesus today” van Juan Carlos Ortiz en die 2e is van Andrew Murray: Absolute Surrender. Gaan kyk ook op Jimi le Roux se webblad oor sy baie interessante doc oor die doop.

    Sterkte met julle pad vorentoe en mag die Here julle seen,
    Niki

  5. Sjoe. dis heerlik om te sien dat daar sulke kinders van die Here in ons hospitale rondloop! Die een ding wat ek ook nie kan verstaan nie, is dat mense/predikante in die NG kerk bly al glo hul in die doop en werking van die H.Gees en dan nogaltyd saamstem met die dogma wat daar heers nie. As ons uitstaan vir God beloof Hy tog dat Hy ons sal verhoog en ek kan nie verstaan hoe mense onder die woord kan sit en die dwaallering hul eie te kan maak nie. God se in Sy woord dat Sy volk ten gronde gaan as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Is dit nie genoeg om elkeen aan te moedig om na die volle waarheid te soek nie?
    Mag Vader jou seen vir die wonderlike voorbeeld wat jy vir ander stel in jou gehoorsaamheid. Die blog is vir my ook ‘n groot inspirasie, daarom het ek dit ook al vir baie van my vriende gegee.
    Ek is ook ‘n oud-verpleegster en is vandag spyt dat ek nie toe ek nog in die prakyk was, die kennis van die woord gehad het nie.
    ‘n Siek mens is die beste sendingveld! Gebruik dit!
    Groete,
    Louise

  6. […] Jesus se leëringe en vir die Heilige Gees se oortuiging.  Ek het vertel van my moedeloosheid by aanskoue van die ongeregtigheid toe Adriana, my vrou, verbied is om betrokke te wees by die kinderbedienning alhoewel al die […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: