Te…

Die ou spreekwoord sê: “Alles wat  is is nie goed nie, behalwe te voet en te perd.”  Baie mense het al vir my gesê, dis goed om ‘n Christen te wees, jy moet net nie wees.  Jy moet ‘n goeie balans hê.  

Onlangs het hierdie ding weer sy praktiese sy gewys.  Die dame/s wat op Dinsdae die kinders bedien het met ‘n reeks oor Openbaring begin.  Natuurlik hou die ou satan nie daarvan dat hierdie boek so oop en bloot bespreek word nie.  Seker omdat dit die enigste bybelboek is wat sê: “Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan…” (Open 1:3), maar dalk ook omdat dit Satan en sy rebelse engele se finale oorwinning en straf so in detail verklaar.  Dit is een van die dinge waaroor ek nogal spyt is – dat ek eers 39jaar oud moet word voordat ek uitgevind het dat Openbaring en Daniël eintlik essensiële leesstof is vir enige Christen.  Dit gee hoop op ‘n wonderlike toekoms en ‘n nuwe vertroue in ‘n God wat bo alles in beheer is.  Ek sal dalk later nog iets meer skryf oor hierdie wonderlike boeke, maar laat ek nou nie weer raak oor bybelprofesie nie…  Soos ek gesê het, wat Satan nie gelukkig dat hierdie goed sommer so met die kinders gedeel word nie en vinnig wat sy (onwetende) soldate opgelyn om dit hand en tand uit te roei.  Om ‘n lang en hartseer storie kort te knip het die oudstes en kerkleiers plegtig besluit dat die lot vroue liewer die pad moet vat, nie oor die feit dat hulle die Bybel leer nie, maar omdat hulle is.  Omdat daar nou niemand is wat die werk toepaslik kan oorneem nie, sal die kinders nou liewer aangery word na die buurgemeente wat darem ‘n meer gematigde program van onderrig sal voorlê.  

Daar is altyd ‘n groot menigte van mense wat Jesus wil volg solank dit by hulle planne inpas.  Sommige vir ‘n paar uur, somminge vir ‘n paar dae en somminge vir ‘n paar jaar, maar dit is vir my duidelik dat daar altyd maar ‘n paar bittereinders oorbly.  Die wat tè was, die wat al hulle goed verkoop het om Jesus te volg, die wat hulle pa onbegrawe gelaat het en agterna is, die wat nog besig was om vis te vang en toe die besigheid sommer net so los, die wat ‘n gesienne en vurige Joodse Fariseer en wetsgeleerde was wat op pad Damaskus toe skielik besef het hy is op die verkeerde pad…  Maar telkens het hierdie manne wat die geheimenis van die koninkryk van die Hemele besef en verstaan het hulself alleen en afgesonder gevind, soms op ‘n boot in ‘n storm, soms in ‘n tronksel, soms in die middel van ‘n groot skare van mense wat hulle wou stenig.  Nou en dan was hulle in die midde van ‘n klomp mense wat dieselfde waarheid as hulle gesien en aangeneem het, hulself laat doop en met die Heilige Gees vervul is.  Hulle kon dan ‘n bietjie rus en vrede ervaar in ware broederskap, maar nie vir lank nie, dan het die valse leraars weer opgedaag.  Telkens het hierdie valse leraars een van twee dinge kom preek: 

  • Jesus is great maar moet asb net nie die ou tradisies weggooi nie!  Hou die wet, word besny, om die waarheid te sê moet julle al Moses se wette hou!
  • Jesus is great en het julle kom vry maak – jy kan dus sonde doen soveel jy wil, om die waarheid te sê, hoe meer sonde jy doen, hoe meer word God se genade!

 Telkens moes Paulus weer na die tyd briewe skryf om die mense te herinner aan die evangelie wat hy gepreek het.  Hy moes self vir die Galasiërs vra of hulle getoor is dat hulle sommer so gou vergeet van alles.  Dit blyk dus vir my dat alhoewel Jesus vra dat ons ALLES vir Hom gee, ons hele lewe, dat ons is vir Hom, die meeste mense graag na Sy boodskap luister, graag vra om vry gemaak te word, solank as hulle net ‘n goeie balans kan behou tussen die wêreld se plesier en diens aan die Seun van God.  Hulle is soos die dwase man wat luister na Jesus se woorde, dit self glo maar dit nie doen nie.  Hulle bou hulle huis op die sand en dan wonder hulle waarom die storms hulle huis omwaai!  Waarskuwings soos in 1 Kor 3:10-15 gaan by hulle verby.  

Volgens die genade wat God my gegee het, het ek soos ‘n goeie bouer die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, (11) want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus. (12) Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, (13) elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. (14) As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; (15) as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is. 

Weet julle dan nie dat ons almal die ewige lewe sal beërwe deur geloof in Jesus nie, maar dat jou loon, jou beloning bepaal sal word deur hoe jy was nie? Ek sal verkies om die kroon van die lewe te kry, om saam met Jesus op die troon te heers, om voor God se troon te kan staan en hoor: “Goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel.  Gaan in die vreugde van jou Heer”  Ek wil nie soos die Laodicense hoor dat ek lou is en daarom uitgespoeg sal word nie.  Laat die een wat ‘n oor het hoor wat die Gees vir die mense sê: 

Opn 3:14-22 

  • (14) En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: 
  • (15) Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 
  • (16) Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. 
  • (17) Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. 
  • (18) Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. 
  • (19) Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. 
  • (20) Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. 
  • (21) Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. 
  • (22) Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. 


Nee wat, waar dit die Die God van die ewigheid aangaan is daar nie ‘n ding soos tè veel nie, daar is telkens net te min.  Dalk is God se uitnodiging in vers 18 vir jou?

~ deur Khosaan op September 4, 2010.

One Response to “Te…”

  1. Wat van tevrede?😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: