Ek glo nie in treine nie!

Ek sê altyd vir mense: “Al sê ek, ek glo in treine nie; as ek op die treinspoor te gaan lê en die trein kom, gaan hy my nog steeds doodry”. My ongeloof sal my nie red van die werklikheid van die tein nie. Net so kan iemand maar in sy hart sê daar is nie ‘n God nie, maar as God opdaag, gaan sy grootste ongeloof hom nie kwytskeld van God se almag nie.

So het ek ‘n vriendin wat in ons omgee groep is en ‘n naby pad met Die Here stap. Haar man is ‘n ongelowige en ek en hy het al hete gesprekke gehad oor God se bestaan.

Dit is baie swaar as ‘n gelowige man of vrou so alleen Die Here moet dien by die huis. Veral as jy nie van jou gelukkigste emosies met jou lewensmaat kan deel nie. So twee weke gelede by ons omgeegroep kom haar diepe hartseer oor die verlorenheid van haar man weer uit. Ons bid toe almal daadwerklik saam vir sy redding.

Toe sy tuis kom, vra hy haar of ons vir hom gebid het. “Ja”, sê sy. Hy vra toe ook wat ons gebid het en sy gee hom so ‘n bietjie terugvoer. Hy sê toe dat iets baie vreemd met hom gebeur het in die tyd dat ons gebid het. Hy wou nie sê wat dit was nie, maar sê toe; “Ek sal dalk een Woensdag wil saam gaan en gaan kyk wat julle daar doen”

Ek gebruik baie keer die voorbeeld van swaartekrag – niemand kan swaartekrag sien nie en ons weet eintlik nie presies hoe dit werk nie. Ons het wel teorië oor hoe dit werk, maar ‘n teorie is eintlik maar nie ‘n poging om te beskryf wat ons waarneem en te voorspel wat ons in die toekoms onder soortgelyke omstandighede kan verwag. Ons glo egter nie in swaartekrag omdat ons die teorie verstaan nie, maar omdat ons die effek daarvan sien. Ons het eers geglo en toe die teorië ontwikkel.

Net so glo ek nie in God omdat ek Hom verstaan nie en net soos met swaartekrag is daar baie teorië oor God, meeste waarvan erg tekort skiet, maar ek glo in God omdat ek Sy effek op my en ander se lewens kan sien.

Ek kan nie wag om te sien wat gebeur as ‘n bonatuurlike Groot God, ‘n heel gewone klein ongelowige mannetjie ontmoet nie!

Soli Deo Gloria!

~ deur Khosaan op Augustus 27, 2012.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: