Die Krag van die Heilige Gees

Die pas afgelope Sondag was Pinkster gewees. In die week vooraf het ek vir baie mense gevra of hulle weet wat pinkster beteken. Ek was erg verbaas hoeveel christene nie eens geweet het dat Pinkster op hande was nie. Die wat wel geweet het, moes eers mooi dink waaroor dit eintlik gaan. Die wat wel ‘n antwoord gewaag het, het meestal gesê dat dit met die uitstorting van Die Heilige Gees te make gehad het. Ek kon niemand vind wat die Ou Testamentiese oorsprong van pinkster geken het nie. Alhoewel dit eintlik soveel geestelike waarde het om die wortel daarvan te verstaan en dit eintlik die uitstorting van Die Heilige Gees nog meer spesiaal maak, is dit nie werklik die doel van my skrywe nie. Dit was vir my duidelik dat die meeste Christene glad nie leef met enige verwagting van, soos Jesus dit gestel het, “Die Belofte van Die Vader af nie”. Hulle het nog nooit ‘n pinkster ervaring gehad nie en verwag ook nie enige kragtige werkings van Die Heilige Gees nie. Tog is dit die die ding wat Jesus pertinent vir Sy dissipels gesê het. Hulle moes in Jerusalem gaan wag waar hulle KRAG sal ontvang en dan sal hulle toegerus wees om Jesus se getuies te wees oor die hele wêreld. Ons is egter baie tevrede om met intellektuele praatjies en programme die evangelie te verkondig maar sonder die krag van God.

Sondag het ons ‘n “Doping met Die Heilige Gees”-diens in die kerk gehad. Mense wat graag die gawe wil ontvang kan kom vir handoplegging. Dit opsigself is great want daar is so baie kerke waar dit nie eens gedoen word nie. My storie gaan eintlik oor ‘n vriend van my. Hy is ‘n wonderlike ou. Hy sal ‘n myl vir jou loop. Hy stoei ook maar al ‘n geruime tyd met dinge soos doop en goed in sy huis en soos dit ook maar voorheen in my huis was, was daar al baie struwelinge gewees oor die goed soos Heilige Gees gawes, doop en goed.

Sondag staan hy in die kerk. Die aanbidding is lekker, die musiek is opbouend en maak God se naam groot. Die preek gaan oor die waarhede van Die Heilige Gees. Dan kom die uitnodiging vir mense om voretoe te kom. Hy het geen intensies vir sulke goed nie. Terwyl daar vir die mense gebid word, sing ons aanbiddingsspan en die gemeente geniet net die samesang tot God se eer. Natuurlik sing hy ook lekker saam daar in die agterbanke.

Nou wanneer God se Gees val, dan maak dit nou nie eintlik saak waar jy staan en wie jou die hande oplê nie, want toe hy hom weer kon kry, vloei hierdie vreemde klanke by sy mond uit en hy staan hande in die lug Die Here en aanbid in ‘n nuwe vreemde taal. Groot was sy verbasing en natuurlik ook sy vrou toe hy dit met haar deel na die tyd. Ek glimlag net oor God se wonderlikheid en Sy verdraagsaamheid met elkeen van ons.

Natuurlik was hy nie die enigste een wat God se krag eerstehand ervaar het nie en daar was heelwat ander mense wat ook sommer in die banke met Die Heilige Gees gedoop is.

In Markus 12:24 staan: En Jesus antwoord en sê vir hulle:Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?

Ek wil nie hê dat Jesus dit ooit vir my hoef te sê nie. Ek ken baie mense wat dan soms die Bybel ken, maar niks ervaring het van God se Krag nie. Sonder doping met Die Heilige Gees is ons kragtelose Christene. Moenie wag tot Die Gees jou so in die verbygaan ook tref nie, maar soek die Gawe aktief. Dan sal jy ook die Krag van God begin ken.

~ deur Khosaan op Mei 22, 2013.

7 Responses to “Die Krag van die Heilige Gees”

  1. Danki, ek het onlangs so n ervaring ghad, ek het eers paar maande terug besef wat die Heilige Gees is en vir my doen. Dit wat ek lees het dit nou mooi in woorde gesit- hoe ek voel. Ek wou nou opgee maar ek gaan van die Here bid, mens kan nooit di Heilige Gees se krag onderskat. Hy kan vir myNgwone mens weer n wonder doen

    • Sonder doping met Die Heilige Gees se krag, is ons lewe, ons christenskap en ons getuienis net leë filosofiese woorde. Mag jou verwagting van God altyd groter wees as jou ervarings van die verlede.

  2. hoe teken ek in op jou blog? skryf jy nog?
    karen@cpdconsulting.co.za

  3. Ek het “terloops” op jou blog afgekom. Ek vind dit baie insiggewend, maar….skryf jy nog? Ek sien geen nuwe artikels nie.

    • Ek antwoord op al die vrea en kommentaar, maar ek sukkel om tyd te kry om te skryf. Ek sou egter graag nog grdagtes wou opsit. Hou maar die blog dop.

  4. God is groter as wat ons besef

  5. Goeie naand, ek sal graag wil he dat jy my kontak op my e-pos. Ek het as n’ pastorie seun in pinkster groot geword, so half uit gevoel want ek het die wonderwerke met my eie oe gesien en baie verskillende mense in tale hoor praat en profesiee sien in vervulling kom. Ek het self tot vandag toe nie die doping met die Gees ontvang nie en dit het my baie keer laat voel of ek tevergeefs hard probeer om n’ indruk te maak by die Here. Een ding wat ek nie kan verklaar nie, alhoewel ek op die stadium in sonde leef seen die Here my nogsteeds en ek weet Hy het groot planne vir my toekoms maar ek moet gevul wees met die Gees dis my ultimatum. Ettiene kontak my asb sodat ek my lewe vir eens en altyd opreg met die Here kan regkry, ek is moeg vir die bose kringloop wat my elke keer weer aftrek na die put van vernietiging toe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: