Laat die kinders na My toe kom.

Ons bespreek die boek Hebreers tans in ons selgroep. Ek haak telkens vas by hoofstuk 3 en 4. Die skrywer praat van die ongehoorsame kinders van Israel wat nie in God se rus kon ingaan nie. Baie mense vra wat is hierdie rus? Is dit die Hemel?

Ek dink nie so nie – ek dink dat dit iets is wat Vader God vir ons voorberei het vir hier en nou. Net soos wat Josua die volk sou inlei in die beloofde land, lei Jesus ons ook in hierdie rus in, maar die waarskuwing is Heb 3:12: “Sorg daarvoor dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur verleiding van sonder verhard word nie”

Jes 28:12 en 13 sê wat God se rus nie is nie: “Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.  Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word .”

As Jesus vir jou ‘n lewende Woord is, bring Hy rus. In die Hebreeuse teks is rus nie ‘n werkwoord nie, maar ‘n plek.  Deur ‘n lewende verhouding met Hom gaan ek daardie plek binne.  Dit is nie ‘n plek waar ek ophou werk nie, maar waar alles in plek val omdat ek in Sy wil werk, waar daar nie minder uitdagings is nie, maar waar ek my nie hoef te bekommer oor hoe ek die uitdaging gaan oorkom nie, wand dit is klaar oorwin.

Hoe irronies is dit dan dat sovel mense eerder godsdienstigheid kies.  Dit is makliker om onder gebod op gebod en reël op reël te leef as om aan die lewende gebod wat op my hart geskryf word gehoorsaam te wees.

Laat ons dan streef om vandag in God se rus in te gaan!

NS: My vroulief se eerste boek is pas gepubliseer.  Dit is ‘n reeks vir kinders om hulle die waarhede oor Jesus te leer.  Gaan loer gerus op www.kruiskids.co.za

 

~ deur Khosaan op Junie 9, 2014.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: