Elia was ‘n mens soos ons.

Ek wonder party keer watter Bybel mense lees of dalk juis nie lees nie. As iemend iets sê soos:”Nee, dis nou ‘n bietjie te weird” of “ek kan nie dink dat God dit of dat sal doen nie”. Hulle is reg dat die Here nooit teen Sy woord sal spreek nie, maar Hy kan sekerlik doen net soos Hy wil? Hy is immers God! Ongelukkig is hierdie manier van dink net wat Satan wil hê.

Jakobus, Jesus se half-broer, skryf in hoofstuk 5:17 “Elía was ’n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;” Dit het eintlik groot implikasies vir ons manier van dink. Dit beteken ek kan ook doen wat hy gedoen het en, belangrik, ek kan verwag dat ek dieselfde resultate sal hê!
Dit strek ook verder as dit. As jy die bybel lees, lees jy geskiedenis of lees jy realiteit? Dit is een ding om bybel stories te ken, maar ‘n heel ander ding om ‘n verwagting te hê dat sulke dinge ook met jou kan gebeur. Dit is tog wat Jesus belowe het en wat vir ons beskikbaar is deur dat Heilige Gees by ons teenwoordig is.

God wil hê dat ons in Sy realiteit sal leef en nie in die vals realiteit van dit om ons nie. Die eerste stap is dus om die woord van God met ander oë te begin lees. Amper soos wanneer ek ‘n brosjure lees van ‘n nuwe vakansie bestemming. Ek sien al die wonderlike fasiliteite en aktiwiteite wat vir my beskikbaar is om te gebruik en te geniet. So is die verhale in die bybel ook ‘n lys van fasiliteite en aktiwiteite as ek in God se Koninkryk begin ontdek. Jesus is my toegangkaartjie, Hy is die poort om deur te gaan. Al wat ek moet doen is om dit te begin gebruik.

‘n Praktiese voorbeeld is iemand wat kanker het. Kankerselle is selle wat onbeheersd begin groei. Hulle rebelleer dus teen die skeppingsorde wat Jesus vir hulle gestel het en ons weet wie die vader van rebellie is. Hulle is dus, net soos Israel onder Agab en Isébel buite God se voorsiennende wil. Ek kan dus bid dat daar droogte en hongersnood vir hulle binne my liggaam sal wees. Ek kan dit daagliks spreek in die Naam van Jesus.

Ek het peroonlik al gesien hoedat kankers met die helfte krimp in die tyd dat die pasiënt gewag het vir ‘n operasie datum en dit sonder enige behandeling. Dit is wat gebeur as ek in God se realiteit begin leef, die waarhede van die Bybel begin spreek, leef en verwag in my lewe.

My uitdaging is om die boksies waarin ek God geplaas het af te breek en my gedagtes oop te maak vir wat Hy wil doen. Dat ek nie meer tevrede sal wees met die beperking van wêreld wat ek om my sien nie maar sal begin om in God se realiteit te leef. In God se realeit is ek nie ‘n slagoffer wat in desperaatheid bid tot ‘n vêraf God nie, maar een waar ek as Kind van God en broer van Koning Jesus die “berg” aanspreek en vir hom sêom hom in die see te werp.

Mag Die Heilige Gees jou oë open om die skatte en waarhede in God se Woord raak te lees en jou die geloof gee om dit onwrikbaar te begin spreek in jou lewe. Amen.

~ deur Khosaan op September 6, 2014.

One Response to “Elia was ‘n mens soos ons.”

  1. wat n wonderlike boodskap. dankie Ettienne. Die werke van onse almagtige Vader is absoluut merkwaardig. In jou eerste paragraaf, ek moet net n comment los en se dit in inderdaad die waarheid, en ek wat uit my eie lewe uit kan getuig, het al menigte kere gesien dat HY werklik doen wat hy wil, en geen mens, wese of krag kan in sy pad staan nie. En alhoewel ons altyd dinge sien soos ons mense dinge sien, het HY ons nognooit in die steek gelaat nie.
    ekt eendag n oulike foto gesien, waar Jesus vir n klein dogtertjie vra om haar stukkende beertjie vir hom te gee, maar sy het gehuil en geweier, min wetend dat Hy n splinternuwe, en massiewe beertjie agter sy rug hou vir haar nie…

    prys die Here

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: