Wat as…

Ek weet nie hoeveel van julle op die sosiale media kuier nie, maar die laaste jaar was daar twee groot gebeurtenisse in die nuus.  Die eerste is die 4 bloedmane wat begin het op 15 April 2014 en waarvan die laaste op 28 September 2015 sal wees.  Pastoor John Hagee het dan ook ‘n topverkoper geskryf met die naam van “Four Blood Moons” wat handel oor die betekenis van hierdie verskynsel.

Die tweede is die sabbatsjaar of Shemittah.  Volgens die Ou Testament het God aan Moses en die volk van Israel beveel dat hulle, wanneer hulle in die beloofde land kom, hulle vir ses jaar moet saai en oes maar in die sewende jaar moet die land rus.  Daar mag nie gesaai word nie en nie geoes word nie.  Ex 23:10–11

In Lev 25:20–22 belowe God dat daar in die sesde jaar genoeg sal wees om te oes om vir drie jaar te hou.  Die kos wat wel spontaan opkom mag deur die land eienaar en sy diere geëet word.

Dan word daar verder in  Lev 25:8-13 beveel dat daar na elke 7 sabatsjare (49) jare ook ‘n Jubeljaar (Die 50ste jaar) wees. Daar mag dus in die 49ste en vyftigste jaar geen oes geplant of geoes word nie.

Op die laaste dag van die sabatsjaar, word daar in Deut 15 beveel dat daar ‘n kwytskelding van skuld moet wees tussen broers (Dit het nie vir uitlanders gegeld nie) en in die Jubeljaar is alle rond regte herstel, gevangenis vrygelaat  en slawe vrygestel.

Dit is dan ook juis omdat Israel nie die sabatsjare gehou het dat God aan Daniël in Dan 8 en 9 verduidelik dat sewentig maal sewe jare oor Israel uitgeroep is.  Tot op hede skuld Israel vir God nog sewe jare wat dan sal begin met die sewe jaar groot verdrukking.

Nou is dit interressant dat 2015 juis ‘n sabatsjaar is volgens die joodse kalender en nog meer, dit is blyk om die sewende sabatsjaar te wees (En dus ook die begin van die Jubeljaar). Daar word ook beweer dat dit die 70ste Jubeljaar sou wees.

Nou wil ek dadelik sê dat dit nie my intensie is om ‘n ekstensiewe uitleg te gee van wanneer daar begin tel is en wat die argumente is rondom die presiese begin en einde van elke jaar ens nie.  Vir die van julle wat belang stel, daar is baie verwysings op die internet beskikbaar.  Wat wel interessant is, is dat Jerusalem in 1917 deur die Turkse Otoman regering na 400-jaar aan Britanje oorhandig is en dat Israel in 1966 weer beheer oor Jerusalem verkry het (Elke keer op die Jubel Sabatsjaar).  Verder was die grootste ekonomiese ineenstortings in Amerika in September van 2001 (net na die aanval op die Twin Towers van 9/11) en weer in 2008 op 28 September tot Wall Street met 777 punte geval het op een dag, elke keer ‘n sabatsjaaar.

Nou is ons hier in 2015, ses weke weg van die einde van September.  Ek weet nie presies watter dag die einde van die Sabatsjaar is nie, maar die laaste van die vier bloedmane is op 28 September. Daar is groot verwagtig dat iets gaan gebeur.  Die komplot kontempleerders praat klaar van meteoriete wat die aarde sal tref, of militêre bewegings wat plaasvind, kettingwinkels wat omskep word in sekuriteites komplekse en voorbereidings om vlugtelinge in Namibië te huisves.  Soos die radio program van ouds: “Waar of Wolhaar?” Ek weet nie, maar Jesus sê ons moet oplet na die tekens. As die vyeboom bot moet ons weet die tyd is naby.

Hier is dus my vraag-

As die wegraping in die volgende paar weke sou plaasvind. Is jy reg? Sal jy die basuin, die geroep van die aartsengel hoor en sal jy in die wolke weggevoer word saam met die wat in Jesus gesterf het en uit die grafte opstaan?  Wat van jou ma, jou pa, jou kind, jou vriend? Ken hy/sy Die Here en ken Jesus hom/haar? Dalk is dit nog nie die tyd nie. Hopelik is God se geduld nog nie op nie en smeek Jesus vir Sy Vader om nog ‘n bietjie te talm sodat die oes ingebring mag word. Dalk kry Israel weer toegang tot die tempelberg in Jerusalem, dalk kry hulle toestemming om Salomo se tempel weer te begin bou? Net Die Here weet wat presies in stoor is vir ons, maar een ding is verseker. Daar sal ‘n dag kom dat Jesus soos ‘n dief in die nag sal kom om die wie se name in die boek van die lewe geskryf is te kom haal, in ‘n oogwink. Dan is daar nie meer tyd vir argumente en filosofiese praatjies nie. Dan is dit te laat.  Dan kan jy nie meer wonder of Groot Doop of Baba doop nou eintlik reg is nie.

Net Die Vader ken die dag en die uur dat Hy die engel opdrag sal geen om daardie basuin te blaas, maar dit voel vir my die tyd is min en as jy in jou hart onseker is of jy dit sal mee maak, is dit vandag jou kans om dit reg te stel.

Maranatha!!!

~ deur Khosaan op Augustus 12, 2015.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: