My eie besluit

Nadat my vrou gedoop is, was daar rustigheid in ons huis, alhoewel die kwessie oor die doop nog nie heeltemal tot ruste gelê kon word nie.  Ek het steeds heelwat tyd hieraan spandeer en steeds baie daaroor gelees aangesien ek ook aan my drie kinders op ‘n manier moes leiding gee.  Ek en my vrou se opinie daaroor het ook steeds nie heeltemal ooreengestem nie en daar was baie gesprekke daaroor in ons huis. 

Aanvanklik was my gevoel dat die verbondsdoop die regte doop is maar dat sekere mense deur die Here gelei word om hulle weer te laat doop.  Later het ek begin dink dat daar twee dope moet wees, een as deel van die verbond en dan ‘n twee as teken van wedergeboorte in Christus.  Ek het baie tyd in die woord deurgebring en opsetlik nie links en regs boekies en traktaatjies oor die doop gelees nie.  Ek het egter progressief tot die besef gekom dat die doop nie ‘n teken van die verbond is nie en maar ‘n teken van wedergeboorte in Christus en ‘n nuwe lewe.  Vir ‘n lang tyd het ek dit reeds geglo maar wou nie tot enige daad oorgaan nie weens ‘n klomp redes.  Goeed soos:

  • dit sou beteken as was al die tyd verkeerd.
  • Ek het dan met soveel mense in die verlede gestry en veroordelende opmerkings gemaak teenoor hulle
  • hoe kan ek in ‘n kerk wees wat dit nie glo nie en tog myself laat doop.

Een week in Augustus was daar ‘n klomp onverwante gebeure, boodskappe van mense, koerant- en tydskrifartikels en radioprogramme wat nie spesifiek oor die doop gehandel het nie maar by my die besef laat ontstaan het van die dringendheid wat daar rondom die doop is.  My wroeging was nou oor wanneer is ek gehoorsaam aan God en wanneer laat ek myself net onder ‘n ander wet kom.  Wanneer indoktroneer al die boodskappe my so dat ek dit as ‘n nuwe wet op my lewe begin neem?  Ek het egter daardie Sondagaand besluit dat dit tog van Die Here kom en dat daar ‘n dringendheid is rondom dit en ek het vir my vrou gevra om my nog daardie aand in ons Jacuzzi te doop.

Daar was ‘n verligting in my want nou is al die toutrekkery binne my eers verby.  Ek was tevrede dat ek gehoorsaam was en ook dat ek Die Here se stem tog duideliker en duideliker kan hoor.  Ek het ook meer bewus geraak van Heilige Gees se werking in en met my.

Nou was daar nie terugdraai nie – ek was gedoop en kon nie meer die verbondsdoop ondersteun nie.  Ek het niemand probeer ompraat om soos ek te glo nie, maar kon eerlik praat oor die pas wat ek gestap het met mense wat wou weet.  My kinders het ook geweet dat ek gedoop is en ons het dit met hulle deurgepraat sonder enige verwagting dat hulle ook gedoop moes word.  My jongste was nog te klein om alles daarvan mooi te verstaan en alhoewel sy lief is vir Jesus het sy nog nie ‘n konsep van leef in oorgawe nie.  Hulle sou elkeen hulle eie pad stap in hierdie proses.

Melissa het tydens Pinkster 2009 gevra om met die Heilige Gees gedoop te word en na dit het sy al hoe nader aan Jesus geleef.  Sy het self mettertyd ook die behoefte ontwikkel om gedoop te word.  Ek het eers maar geluister na haar wense maar wou eers sien of sy werklik die konsep van oorgawe aan Hom verstaan.  Uiteindelik het dit uitgeloop op 5 November se doopplanne…


One Response to “My eie besluit”

  1. Wat n wonderlike getuienis van die waarheid. Ons vertrou dat Jesus elke kind van God se harte ontvanklik sal maak vir die waarheid. Daar is nie bybelse gronde vir kleindoop nie en daar is nie so iets soos vebondsdoop nie. Die Kleindoop kom van die katolieke kerk af net soos Kersfees en Easter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: