There is Dynamite in Praise

‘n Uittreksel oor ‘n stukkie wat ek op 13 Januarie 2010 geskyf het:

Ek sit nou al die afgelope 13 dae en wonder wat om te skryf.  Nie dat daar niks gebeur het nie, maar nadat ek weer vol in die werk ingespring het, rol die dae vinnig verby en het twee boeke oor my pad gekom wat die aande en vroeë oggendure beset het.  Ek brand al sedert die naweek om my gedagtes bymekaar te sit, maar vandag het die wonderwerke weer begin…

Kom ek vertel eers van die twee boeke wat ek lees:  Die eerste is “There is Dynamite in Praise”.  ‘n Klein boekie wat Adriana al ‘n jaar gelede gelees het en vir my klein stukkies van vertel het.  Dit handel oor die krag wat daar is in lofpysing en dankie sê aan God.  Die ander is Rebecca Brown se “Hy het gekom om die gevangenis te bevry”.  …

In Februarie 2008 is ek saam met ‘n klompie dokters Mosambiek toe om vis te vang.  Kort voor ek vertrek, vertel Adriana my van die boekie wat sy begin lees het.  Die eerste aand in Moz bel ek haar en sy vertel my van ‘n stukkie in die boekie waar ‘n vrou saam met haar man gaan visvang en waar sy dan sit en lofprys met die vistok (omdat sy nie van visvang hou nie en nou maar eerder iets anders wil doen).  Terwyl sy dit doen vang sy die een vis na die ander en haar man niks.  Ek besluit dit kan nie skade doen nie, en hou in elke geval van visvang.  Ek vind dit was my siel skoon so langs die water met my vistok in hand.  So vang ek vis en loof die Here – somer met enige Gesang of Psalm of Retief Burger lied wat ek in my kop kry.  Partykeer dink ek maar net bewustelik oor goed waaroor ek kan dankie sê.  In die week vang die meeste ouens maar sleg, maar ek vang ‘n lekker Cuta van die Jet Ski af en van die kant af vang ek 3 Koningvisse (so 3kg elk) en ‘n groot “spotted Snapper” van 11.5kg (die SA rekord in my boek staan op 9.5kg).  Met dit wen ek onverwags ook twee pryse vir die grootste totale gewig vis en ook die grootste individuele vis.  Prys die Here – ek en Adriana gaan in September vir 4aande na twee 5-ster wildsreservate toe! 

Lees die oorspronklike inskrywing as jy wil.

Posted in Wonderwerke


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: