Die pad vorentoe

Daar is voorheen aan ons ‘n Woord gegee dat Die Here nie ‘n skeuring in die kerk sal toelaat nie want die tyd is min en daar is nie genoeg tyd om nog nuwe kerke te begin nie. Ek hou hieraan vas…

Ek kyk hier na ‘n lang dokument: “Moderamen Bylaag 3. Die betekenis en gebruik van die doop” Dit gaan grootliks oor die moderatuur se siennig oor die doop en eindig met die doopviering as opsie vir mense soos ons wat die behoefte ervaar om hulself weer te laat doop. Die enigste kwessie is dat dit net nie in die Naam van Die Vader, Seun en Heilige Gees kan wees nie en nie as Doop gesien behoort te word nie. Ek lees geen liefde in die dokument nie, geen poging om die uiteenlopende sienninge van evangeliese kerke op ‘n manier Bybels te probeer bymekaarbring nie. Is dit nie wat Jesus van sy Bruid verwag nie – Eenheid ?

Ek vra vir Jesus twee dinge:

  1. Hoekom is daar hierdie onbuigsame en liefdelose verknogtheid aan sekere tradisies en wettiese reëls wat dit so moeilik maak om saam te staan?
  2. Hoe sal ons ooit liefdevole eenheid kan bewerk met hierdie verdelende punt van die doop in ons midde?

Ek kan uit my eie lewe dalk getuig waarom dit moeilik is om ons verstaan van die Bybel te verander. Ek luister ook na die briewe wat aan die kerkraad geskryf is, nie van aanklag nie, maar ‘n soeke na antwoorde by die kerkleiers. “Wat beteken dit dan nou as ons ‘n streep deur die kinderdoop trek?” “Wat sit ons in die plek daarvan?” “Beteken dit nou dat ons al die eeue verkeerd was en sonde gepleeg het?” Hierdie was ook vrae op my hart. Ek glo dat die Here aan my ‘n gedeeltelike antwoord heroor gegee het en ek sal dit probeer verwoord:

Kollektiewe sekerheid:

Deur aan ‘n tradisie vas te hou oor lang tye, voel ons veilig en verseker dat ons reg is. Ons begin glo dat ons gered word deur ons onderhou van hierdie tradisies. Dit neem die plek in van geloofssekerheid en ons hoop op die ewige lewe. Die duiwel gebruik dit egter ook om ons lou te maak

Trots:

Dit is tog nie lekker om te erken dat ons dalk verkeerd gedink het oor iets nie. Hoe lank het dit nie geneem om vrou as predikante in die kerk toe te laat nie?

Wat dan van God se genade?

Die feit dat die doop nie ‘n verbondsteken is nie, beteken nie dat ons nou nie meer glo in ons insluiting by God se verbondsbeloftes aan Abraham nie. Dit staan vas tot in alle ewigheid. Gal 3:26-29 sê juis dat ons deur ons geloof in Jesus Christus deel word van God se beloftes aan Abraham.

Die Liggaam van Christus, die Kerk word opgerig.

Die Kerk was nie van die begin af reg vir Sy koms nie nie en Hy wag op ons. Deur die eeue was daar tye waar nuwe waarhede wat reeds in Sy Woord geskrywe was, maar nie vestaan is nie, weer aan ons geopenbaar is deur Heilige Gees. Die kerkhervorming is ‘n goeie voorbeeld. Waarom sou al die mense vir 1500 jaar lank blindelings glo dat die Pous sondes kan vergewe terwyl die Bybel duidelik sê dat net Jesus dit kan doen? Waarom sou God dit toelaat? Die rede is dat hulle nie reg was vir die waareid in daardie seisoen nie.

As ons kyk hoe God in verskillende siesoene met sy volk gewerk het, dan kan ek verstaan dat daar ook veranderinge kan plaasvind in denke oor dinge soos die doop. Toe die Israeliete uit Egipte gelei is, moes hulle net vir Moses volg, hulle is met ‘n ompad na die rietsee geneem sodat hulle daar deur die water kon gaan. Waarom? Ex 13:17 sê: Toe die farao die volk laat trek het, het God hulle nie die pad na die land van die Filistyne toe laat vat nie, hoewel dit die kortste was, want Hy het gesê: “As die volk in ‘n geveg betrokke raak, kan hulle dalk spyt kry en na Egipte toe teruggaan.” By die see het Moses sy staf oor die water gehou en God het ‘n pad vir hulle gemaak. Hulle kon net deurstap.

In die woestyn was hulle so tevrede met hulle verlossing en so bang vir die nuwe dinge dat hulle nie in die beloofde land wou ingaan nie. In ‘n sekere sin was die rooisee en verlossing uit Egipte vir hulle genoeg. Die nuwe geslag wat in die woestyn gebore was en nooit slawe was nie, het egter uitgesien na die beloofde land. Hulle het gesoek na meer. Toe hulle deur die Jordaan rivier moes trek, het God nie sommer net die water vir hulle opgedam nie. Hulle moes eers hulle vertroue en geloof bewys deur in die water in te stap en eers toe die voetsole van die priesters aan die water raak, het die water opgedam.

In ‘n sekere seisoen van God se Kerk, het hy dus die verbondsdoop en babadoop toegelaat want dit is gedoen tot eer van Sy naam. Dit het egter nie die beloofde land ontsluit nie. Nou is daar ‘n seisoen van nuwe waarheid waar ons geloof in Jesus as Verlosser ons in die water in laat stap en dit lei tot die beloofde land. Sedert die vroeë 60’s is ons in hierdie oorgangsfase tussen die twee seisoene. Die verbond van God met Abraham staan steeds en ons kry almal deur ons geloof in Jesus deel aan Sy belofte, maar die doop is nou die teken van die nuwe lewe in die beloofde land waar sonde oorwin is.

Ek vermoed die NG-kerk sal mettertyd sy leër oor die doop verander. Mense wat nou deur die Heilige Gees oortuig raak om hulself te laat doop, moet in die kerk aanbly om te help met bedienning en die kerk moet hulle ook hierin ondersteun. Ek skryf later oor my gedagtes hieroor…


2 Responses to “Die pad vorentoe”

  1. Ettiene, regtig insiggewend. Ek het simpatie met albei leerringe. My vraag is hoekom moet die een die ander noodwendig uitsluit. Waarom kan jy nie groot gedoop word sowel as in kinderdoop glo nie?
    Dit is vir my onnodig dat soveel bohaai gemaak word van die kerkraad se kant af. Soos jyself in die artikel skryf: Dit gaan oor eenheid!
    Ricus

  2. Ettiene, ek stem grootliks saam terwyl ek aanvaar dat bogenoemde nie noodwendig volledig deel met die doop (implikasies, toepassings, ens) nie. Hierdie gebeurtenis moet ook nie die begin van ‘n proses van kerkskeuring/gemeenteskeuring wees nie. Ek aanvaar ook dat dit moeilik moet wees om binne ‘n gemeente te bly funksioneer tot uitbreiding en eer van God indien jy op sekere gebiede beperk word (Is dit soos die Here dit verwag?). Ek wil tog dink dat hierdie gebeurtenis een aspek van ‘n veel groter probleem is. Piet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: