Die uiteinde!

Dit is nou amper September 2012, amper drie jaar later. Ek het baie geestelik gegroei en ek verstaan die belang van die doop soveel beter. Vele mense is in ierdie tyd deur ons bedien en gedoop, nooit omdat ek iemand probeer oorhaal nie, maar baie keer omdat mense met vrae en soeke na my gekom het.

Op 9 Desember 2009 skryf ek;

Daar word al lank gesels binne die NG-Kerk oor die doop. Hulle hou voet by stuk dat daar net Een Doop moet wees, dat die doop as verbondsteken uit genade alleen aan baba’s bedien kan word en slegs deur predikante bedien mag word (net soos die nagmaal) Die oplossing wat deur hulle geopper word is die “Doopviering” , ‘n geleentheid van onderdompeling as publieke verklaring van die lidmaat se geloof in Jesus, maar dit moet duidelik gestel word dat dit nie ‘n doop is nie en dat dit nie in die naam van Die Vader, Seun en Heilige Geeg kan geskied nie.

Ek verwerp hierdie gedagte as ‘n poging om mense gelukkig te hou, nog ‘n ritueel. Dit is gedoem om te faal aangesien die mense wat tot die oortuiging kom om hulle te laat doop dit juis doen deur die leiding van Die Heilige Gees, en Hy is die Gees van Waarheid en word nie tevrede gestel deur menslike godsdienstige rituele nie.

Ek verstaan dat geen predikant wat in die NG-Kerk wil bly, mense sal kan doop in stryd met die kerklike leër nie. Tog is die behoefte om jouself te laat doop gewoonlik net die begin van ‘n baie intense pad van ‘n intieme verhouding met die Heilige Gees en het hierdie mense ook geestelike leiding nodig. Hulle sal dus voor die doop graag met hul geestelike leier wil gesels, verkies dat hierdie persoon hulle doop en daarna die vrymoedigheid wil hê om nuwe gewaarwordinge en vrae te deel en ook ‘n aktiewe bediennende lid van die geestelike broederskap te wees. Die huidige situsaie forseer hierdie mense dus om geestelike leiding voor-, tydens- en na die doop elders te soek. Meestal sal hierdie mense dan verlore wees vir die NG-Kerk aangesien hulle onbewustelik weggestoot word en meer aanvaarding voel by die mense wat bereid was om hulle te doop.

Hoe kan ons dit prakties fasiliteer?

Predikante moet besef dat daar ‘n nuwe gees van herlewing deur hul lidmate beweeg, dat mense honger is vir Die Woord. Baie hulpbronne vir bybelstudie en -uitleg is beskikbaar en kerklike leerstellings kan nie meer gebruik word om kerklike tradisie te verdedig nie. Hierdie nuwe Geesvervulde christene sal net met Liefde en waarheid bedien kan word.

Lidmate met vrae oor die doop sal leiding benodig. Mense wat tot die oortuiging kom dat hulle gedoop wil word, moet aangemoedig word om dit met hul geestelike leiers te bespreek en ander lede van die gesin moet by hierdie gesprekke betrek word. ‘n Gees van verdeeldheid en veroordeling moet te alle koste teëgewerk word. Hierdie is tog nie die fondasie van ons verlossing nie!

Al kan die NG predikant nooit die lidmaat doop nie, behoort hy/sy aan die lidmaat leiding te gee oor waar die doop kan plaasvind tussen mense wat die leër van Jesus Christus as enigte Verlosser aanhang. Kampgeleenthede waar dope plaasvind, is ‘n ideale geleentheid. Kleingroep byeenkomste of private doopgeleenthede is ‘n ander alternatief waar dit deur ‘n geestelike vertroueling bedien word. Die predikant word dan ook aangemoedig om met so ‘n persoon ‘n gesprek te voer rondom die doopbedienning. Die doop en nagmaal is in die Bybel nie net deur Leëraars bedien nie maar deur Geesvervulde mense, soos Filippus.

Ouers wat baba’s wil laat doop, moet aangemoedig word om dit by ‘n apparte, privaat geleentheid met vriende en familie te hou – amper soos wat met troues en begrafnisse plaasvind. Dit is tog baie meer spesiaal as tydens ‘n algemene erediens. Dit sal ook nie mense in die erediens konfronteer met enige van die twee leëringe nie.

Ouers wat oortuig is van ‘n bekeringsdoop en nie hulle baba wil laat doop nie, maar tog aan die gemeente wil bekendstel, behoort die opsie te hê dat die baba as deel van die erediens na vore gebring kan word, geseën en dalk gesalf word deur die predikant. Ander lidmate wat graag die baba wil seën kan dan ook die geleentheid kry. Dit is dan amper soos ‘n getuienis van ons geloof in God se verbond met ons en ons kinders. Die predeking tydens die erediens kan dan soos normaal voortgaan.

Na afloop van enige doop behoort dit in die volgende erediens genoem te word en mense moet die geleentheid gegee word om te getuig oor hulle ervaring sou hulle wou. Hulle moet ook aangemoedig word om aktief deel te wees van die kerklike bediennings as deel van hulle nuwe verbintenis tot die liggaam van Christus.

Daar is reeds NG-gemeentes wat die doop op alternatiewe maniere bedien word en ek wil dit waag om te sê dat hierdie gemeentes groot groei beleef het, beide in getalle en in geestelike waarde. Ek hoop dat ons ook ‘n pad van liefde, omhelsing en eenheid kan vind om te stap and dat die gees van godsdienstigheid en tradisie nie toegelaat sal word om verdeeldheid en veroordeling in ons midde te kom saai nie.

8 Augustus 2011
Dit is amper 2 jaar seder al die hartseer gebeure van 2009 en ek kan net getuig oor die wonderlike pad wat ons intussen gestap het. Ek lees steeds oor die polimiek van die doop in die NG-Kerk en besef net dat dit ‘n kerkwaarheid is wat nie verborge kan bly nie. Ek verstaan steeds dat daar nog mense is wat graag hulle baba’s wil laat doop en as iemand vir my sê dat hy regtig in sy hart ervaar dat dit is wat God van Hom verwag en hy doen dit uit gehoorsaamheid aan Die Here, dan sal ek dit eer, want gehoorsaamheid is beter as offers, maar as iemand vir my vertel hy moet ‘n belofte gaan aflê voor die kerk en die kind laat doop omdat dit is wat die kerk verwag, dan vra ek dat hy die skrif deeglik ondersoek en werklik sy hart in die verband ondersoek. Daar is net een doop en dit is ‘n onderdompelingsdoop die dag as jy groot genoeg is om self te te weet in jou hart dat Jesus Christus die Seun van God is, dat Hy in die vlees gekom het, vir jou sonde gesterf het aan die kruis maar die dood oorwin het en opgestaan het. Geloof is nie ‘n filosofie nie, maar iets wat jy weet sonder dat jy dit kan sien.

Ek bid steeds dat die liggaam van Christus ‘n aanskoulike eenheid sal wees vir Hom as Hy ons kom haal.

April 2012
In my dagstukkies het ek genoem hoe al die vriende wat in 2009 betrokke was by die doopgesprekke binne die NG gemeente, ‘n inligtingsaand deur Past Raymond Lombaard bygewoon het en hoe wonderlik dit was om almal so bymekaar in een gees te sien sit. Na die aand was daar baie gesprekke oor gehoorsaamheid en wanneer die manne hulsef nou eintlik gaan laat doop.

Vannaand het hierdie hele saga eintlik sy voleinding bereik. M is in 2009 gedoop, haar seun in Augustus 2010. Haar man en dogter het in hierdie tyd nog nie die besluit geneem nie, maar vannaand is hulle beide gedoop tydens ons erediens. Wat ‘n wonderlike gesig, ‘n man wat eerlik sy hart voor God ondersoek het, opgestaan het en in daad bely het dat hy Jesus waarlik ken en in gehoorsaamheid homself laat doop. Dat hy weer die priester in sy huis wil wees.

Na drie jaar, is al die stuwelinge en hartseer verby. Al die doemprofete is verkeerd bewys en God se getrouheid het weereens na vore getree. Huwelike is versterk, verhoudings tussen pa’s en seuns is herstel en vriendskapsbande is weer opgebou.

In ons vorige gemeente is daar ook nuwe lewe. Een van die predikante onlang beroep na ‘n buurdorp en die oorblywendes soek opreg na God se wil vir hulle mense. Baie mense is stuk-stuk weg na ander plekke van aanbidding, maar nuwe mense het weer hulle plekke gevul, elkeen met die belofte dat God hulle elkeen persoonlik wil bring tot kennis van Hom en Sy groot liefde vir hulle.

Dit is tog waar dat alles ten goede sal meëwerk vir die wat God liefhet en wat volgens sy wil geroep is!


One Response to “Die uiteinde!”

  1. Op ‘n manier is ek dankbaar vir al die gebeure/gesprekke rondom die die doop. Ek het met ‘n oop gemoed na Ettienne en Adriana se belewenisse geluister en moes toe ook vir myself ‘n klompie ernstige vrae vra. Van toe af is die Here besig om ‘n vreemde pad (somtyds voel dit soos ‘n ompad) met my te loop. Nuwe insigte en ‘n beter verstaan het die afgelope tyd vir my oopgegaan betreffende die doop. Ek weet nou dat daar nie ‘n maklike antwoord is nie. Ek weet wel dat ons nie mag ophou praat en deel met mekaar nie. Ek weet dat ons almal vir mekaar moet begin ruimte skep. Ons mag nie ophou op die Heilige Gees toe te laat om ons te lei in hierdie verband nie. Die Here wil groot dinge deur ons gemeente vermag, maar dan moet ons na Sy stem luister, na mekaar luister en mekaar met liefde bedien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: