Jou Pa wag vir jou

18 Desember 2009

Ek praat die ander dag met ‘n vriend.  Ek luister eintlik meer en voel ‘n diepe hartseer hier in my.  In my geestesoog sien ek hoe hy stoei met die lewe.  Hy weet wat die wêreld van hom as man verwag – Jy moet sterk wees, Jy mag nie huil nie, Lag die dinge van gister af en draai jou kop vorentoe, Jy kan nie toelaat dat dinge wat mense aan jou doen en vir jou sê jou van stryk bring nie, daar is net een wenner, ‘n oog vir ‘n oog.  Maar ten midde van dit alles, is daar tog so baie onbeantwoorde vrae in sy hart, dinge wat diep seermaak en hope en hope onvergifnis.  Mense wat hom langs die pad seergemaak het maar wat hy nooit kon vergewe nie. 

Nou, van chirurge word gesê: “They are frequently wrong but never in doubt…” en ek dink dit is tog op ons mans en baie van die nuwe vroue van ons tyd van toepassing.  Ons weet dikwels nie wat om te doen nie en sal eerder die verkeerde ding doen as om te lyk of ons onseker is.  Ongelukkig dwing dit ons partykeer op paaie waar ons nie eens self wil wees nie en hierdie paaie loop al verder en verder weg van wie ons werklik is en selfs wie ons eintlik graag wil wees, maar ons MOET gehoorsaam wees and hierdie ding van, “ek is reg en ek weet wat ek doen” en “ek kan net nie erken dat ek dalk nie weet of dalk ‘n fout gemaak het nie”.

Terwyl hy my vertel van al die worstelinge in sy lewe, kan ek nie help om te dink aan Mat 18:21-35.  Wat is die martelaars waaraan die man oorgegee word omdat hy nie sy skuldenaars vergewe het nie?  Hierdie innerlike stryd wat ek hier gewaar en wat hierdie vriend eitlik opvreet van binne – is dit nie tog ‘n marteling nie?  Ek onthou toe ek seker so 4 of 5 was, het ek ‘n maatjie se Matchbox karretjie per ongeluk gevat nadat my ouers daar gaan kuier het  en ek onthou nog hoe my pa omgedraai het en teruggery het sodat ek dit kon teruggee en om verskoning vra.  Ek onthou so goed daardie gevoel van angs en vrees op pad terug, van die lang stap van die kar tot by die voordeur en die wag vir die oom om die deur oop te maak.  Waarvoor was ek so bang?  Wat het ek gedink gaan hy met my maak?  Oom Freddie het die deur oopgemaak met ‘n glimlag, geduldig geluister na my benoude storie, die karretjie gevat en en gesê: “Moenie worrie nie, ek weet dit was per ongeluk” en toe vir my ‘n lollie in die hand gestop.  Waarvoor was ek regtig so bang?  In my lewe later het ek dieselfde gevoel elke keer weer ervaar waar ek moes gaan vrede maak of omverskoning vra maar elke keer het die vrag kommer en vrees dadelik van my skouers afgeval nadat ek dit gedoen het. 

As ons nie mense kan vergewe nie, bly dit soos ‘n groot las op ons skouers en ‘n martelaar wat ons hier van binne af opvreet.  Dit maak ook dat ons nie Ons Vader se onvoorwaardelike vergifnis kan glo of aanvaar nie.  Soos hierdie lied van John Waller sê, wag ons Pappa op ons.  Hy het ons klaar vergewe, die bloed van Sy Seun het ons klaar skoon gewas maar Hy wag dat ons na Hom toe moet draai.  As Hy ons nog ver sien aankom, sal Hy na ons toe hardloop om ons te omhels.

(Klik hier om die lied in Youtube te luister)

Al wat ons moet doen, is om die mense wat ons seergemaak het in ons lewe te vergewe.  Hoe?  Vra net vir Jesus dat Hy jou sal wys wie die mense is wat jy nog moet vryspreek.  Hy sal jou wys en dan skryf jy hulle name op ‘n papier neer en gooi dit in die vuur en weet dat Ons Here God dit al lankal vir jou gedoen het.  As jy kan glo dat Jesus jou skoongewas het en Hy jou na jou Pappa God toe kan neem, steek jou arms uit na Hom toe en Hy sal kom.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: