Carla se netwerk

As jy nog nier Carla se hele storie gelees het nie, kyk onder Carla se storie.  Hier is die netwerk van mense (sover ek kon uitvind) wat betrokke was in haar verhaal.  Daar is nog duidsende  vanoor die hele land wat gebid het en waarvan ek nie eens weet nie.

Inge is ‘n vriendin van Carla se ouers asook van Sanet (wat ‘n pasiënt van my is en ook haar ervaring op haar blog deel.  Die Here het deur my ‘n boodskap vir Sanet gegee tydens haar siekte waaroor sy skryf en waarvan Inge weet ).  Monica is ‘n familielid van Marietjie (wat gedoop is deur my).  Monica word wakker gemaak deur Die Here met die opdrag dat sy by Panorama vir twee mense wie se baba in ICU is moet gaan bid.  Sy is onseker of dit regtig ‘n boodskap van God was of nie.  Inge bid vir Carla se ouers en voel dat God vir haar sê:” Dr Ettienne moet gaan bid vir Carla” .  Sy deel dit met ‘n vriendin.  Hierdie vriendin kry ook die boodskap van God om te gaan bid by Panorama en stop Sondag by Monica se huis om haar op te laai sodat hulle kan gaan bid.  Sy vertel vir Monica van Inge se gevoel dat  “Dr Ettienne”  moet gaan bid.  Monica besef dadelik dat “Dr Ettienne” die een is wat vir Marietjie gedoop het en dat my vrou, Marietjie se vriendin is.  Monica bel vir Marietjie wat probeer om my vrou in die hande te kry maar sy is nie tuis nie en sy praat direk met my met die boodskap dat ek moet gaan bid. 

Ek bid dat God vir my ‘n teks moet gee vir die mense wat ek van geen kant af ken nie.  Ek kry egter niks van Die Here af nie maak besluit om in geloof te stap.  Toe ek al my goed bymkaar skraap om hospitaal toe te gaan en my selfoon optel, is daar ‘n SMS: “Ek kry Ps.91 as teks vir Carla se ouers”.  Die nommer is nie in my kontakte nie (Ek sou ‘n week later uitvind dit is Marietjie se selnommer, maar op daardie stadium wat dit my gebed wat verhoor is).  Ek lees Ps.91 vir hulle en sal drie dae later uitvind dit is dieselfde teks was Carla se pa se sussie vir hulle die Vrydag voor my besoek gegee het.

Ek deel my gedagtes op my Blog en kry ‘n boodskap van Bethal in Mphumalanga van mense wat vir Carla bid nou my blog lees.

Die res van Carla se storie is Godelike geskiedenis.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: