Hoe werk alles hier?

As jy nuut is tot die Blog-besigheid, sal ek probeer verduidelik hoe om sin te maak van alles.

Sommige mense het al gekla dat die skrif klein is.  Ek het dit al probeer groter maak maar dit werk nie lekker nie.  Jy kan in zoom en dan die hele kolom groter maak deur Ctrl-Shift-+ te druk.

Die hoof kolom, links, is daaglikse brokkies en gedagtes, amper soos inskrywings in ‘n dagboek.  Die nuutste is altyd bo met die ouer iskrywings wat onder dit volg van nuut na oud.  As daar iets wonderlik gebeur sal ek gereeld nuwe stukkies byskryf en mag dit dan goed wees om eers die oorspronklike stuk te lees en so die storie te volg.  Elke inskrywing word ook  aan ‘n katogorie gekoppel en jy kan loer na watter katogorie aan die inskrywing gekoppel is en dan regs onder Karogorië op daardie een klik om al die bydraes onder daardie katogorie te sien.  

 As daar verwysings in is na ander webblaaie sit ek gewoonlik ‘n skakel in sodat jy direk daarop kan klik.  Jy sal sien die skrif is helder wit in kleur.  Klein video’s ens. kan jy klik om dit te laat speel.

Die bladsy afdeling regs is stuke wat ek geskryf het oor spesifieke dinge en gebeurtenisse.  Die onderafdelings het betrekking op die hooftema en volg op mekaar van bo na onder.  Ek stel voor dat jy almal lees. 

Geniet dit en los gerus kommentaar.  As daar spelfoute is, laat my weet onder kommentaar en ek maak dit graag reg.  Ek sal dan die kommentaar ook verwyder.


2 Responses to “Hoe werk alles hier?”

  1. DIE PAD WAT GOD SE KINDERS MOET LOOP

    Ek doen baie navorsing op internet oor verskillende gelowe en is werklik geskok om te sien dat die evangelie van Jesus Christus op die spel is. Daar is n aanslag op die ware kinders van God soos nog nooit tevore.

    Maar, Jesus het ons gewaarsku dat daar n groot afval sal wees en dit salbegin in sy kerk. Dit het alreeds begin.

    Dit is hartseer omte sien en lees hoe die evangelie verdraai word en dit n makliker evangelie te maak – byvoorbeeld en hier praat ek van afrikaanse en Engelse kerke.

    1. Ons het almal God in ons jy hoef nie gered te word nie

    2. Jy moet fokus op elke dag se goeie dinge en dit beleef en nie op sonde fokus nie – geen sondebelydenis ons het almal klein godjies in ons

    3. Alle gelowe lei na God byv jy kan n goeie Muslim wees, n goeie budhis, n goeie katoliek en almal se gelowe lei na God

    4. Jesus is nie die enigste weg na God nie

    Hierdie is net n paar dinge genoeg.

    Die pad van die wedergebore kind van God le eerstens by gehoorsaamheid aan Jesus en sy leerstellings. Alles wat nodig is vir ons saligheid is duidelik uiteengesit.

    1. God het ons geskape met n vrye wil om keuses te maak.

    2. Ek maak n keuse om Jesus aan te neem as my verlosser en saligmaker en God doen die res. God kom en gee my die geskenk van wedergeboorte. Sy woord word nou vir my duidelik en deur die krag van die Hemelse Vader leer sy Heilige Gees my die waarheid. Ek volg nie meer die dinge van die ou lewe nie maar met die doop is my sodes afgewas en nou is ek n nuwe skepsel in Jesus Christus.

    Ons nuwe pad in hierdie lewe is n pad van volharding, getuienis, liefde, verdraagsaamheid teenoor ongelowiges, en nog vele meer. Om ander gelowe te erken as reg dan het Jesus onnodig gesterwe. Daar is geen ander pad behalwe die pad van jesus Christus van Nazaret en soos Hy self gese het niemand kom na die Vader behawe deur my nie. Ons moet die pad loop van “ek is niks Hy is alles” Ons moet die pad loop van gehoorsaamheid, ons moet die pad loop van die waarheid en dit is net jesus alleen – Hy is die weg die waarheid en die lewe. Ons moet die pad loop van geloof dat wat ons ook al doen doen dit asof vir God. Ons moet die pad loop van volharding in gebed vir n verloregaande wereld. Ons mag nie laat slap le nie want die waarheid van die evangelie is op die spel.Jesus kan nie n oorlog wen met liggelowige en bang soldate nie.

    Omaf te sluit ons moet voorwaardelik lief he v riend vyand en sondaars maar ” There is no compromise when it comes to the truth of our faith”. Love in Jesus Christ. Magda

  2. Hi Ettienne,
    Weet nie of jy my onthou nie – so jaar plus gelede het ek vir jou ‘n brief geskryf tov my man – wat in hospitaal is in Bloemfontein. Hy het vir jare gerook en gedrink : met ‘n noodoperasie het hierdie sonde’s hulle tol geeis! Dit het baie pyn en seer veroorsaak – totdat die Here my daardie aand herhinder het aan watergeeste en via google by jou “blog” uitgebring het. Gedink ek wil met jou deel wat gebeur het:-
    Ek het jou brief met hom gedeel en verduidelik van bindinge ens. Hy het gevra vir bevrydings-gebede en begin bid. Sederdien is hy ‘n paar keer weer gehospitaliseer – met baie min hoop – maar …. en dit klink nie vars nie … Ons Abba Vader het laat weet – hierdie is ‘n herstel proses en nie ‘n “dood:proses” nie – alhoewel dit met baie pyn gepaard gaan.
    Hierdie week wat verby is – het hy vir die eerste keer in seker 4jaar – sedert sy operasie vir ‘n volle dag – weer sy tekkies kon aantrek en hy beplan om Maandag vir die eerste keer weer in sy oorspronklike werk – terug te gaan.
    Dit was vir my ‘n geweldige leer proses! Ek weet dat elke aksie het ‘n reaksie en dan ‘n gevolg! en die gevolg van hierdie drank en rook is dodelik. Ek meen sy longe is eintlik “gone” – praat nie eers van sy lewer ens nie. Suurstof moet mos deel van sy lewe wees en ons het asmapompies gekoop in die plek van sigarette! ….. MAAR ek glo dat as Jesus vergewe – vergewe Hy VOLMAAK en as Hy bevry doen hy dit ook VOLMAAK ….en dit is anders as aksiereaksiegevolg!
    Hier is my Jesus se antwoord: Ons het 3 weke gelede laas ‘n asmapompie gekoop – by sy lewer is GEEN disfunksie nie en ek praat met sy longe…maak nie saak van omstandighede nie.
    Ons huisdokter is ook my broer in Christus en het bevestig dat my man moes baie lankal…nie meer geleef het nie. Die Internis het gese dat hy net 5jaar oor het – ek het dit uitgekanselleer en verklaar dat my man sal leef totdat Jesus hom kom haal en nie omdat hy siek is of whatever nie!
    Lees ook jou pad van verwerping en seerkry! Wil net sê: “was vir my skokkend toe ek besef die “kerk” het Stefanus gestenig en nog erger Jesus gekruisig! maar “they do it to your Master….they do it to you!”
    Ek bid krag en sterkte vir julle toe – in Jesus Christus se Naam
    tot weersiens
    3nie

Lewer kommentaar